Taalgebruik: erken, herken

Argieffoto

Gebruikers van Afrikaans struikel soms oor die verskil tussen die woorde “herken” en “erken”. Lees gerus dié Taaltoffie om seker te maak jy gebruik telkens die korrekte woord.

erken [het erken]
1 insien en toegee: erken dat iemand reg het • ’n erkende feit • as ’n deskundige erken word.
2 aanvaar; aanneem: ’n nuwe staat erken.
3 getuig van; melding maak van: die ontvangs van geld erken.
4 openlik uitkom vir; bely: ’n fout erken • iets ruiterlik erken • jou skuld (aan ’n misdaad) erken.

herken [het herken]
1 weer ken; eien: Hoewel hulle mekaar meer as twintig jaar gelede laas gesien het, het sy hom dadelik herken.
2 iemand/iets aanwys as ’n persoon/ding met wie of waarmee jy vroeër reeds kennis gemaak het; identifiseer; uitken: iemand herken aan ’n foto van hom/haar wat jy in ’n koerant gesien het • ’n wysie herken.
3 weet wie s’n dit is: Herken jy hierdie hoed?

Bron: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.