Taalgebruik: hiertoe, hier toe

Argieffoto (Foto: SplitShire, Pixabay)

Gebruikers van Afrikaans struikel soms met die gebruik van die woorde hiertoe (een woord) en hier toe (twee woorde).

Tot hiertoe (een woord) beteken “tot dusver”, “tot nou”: Tot hiertoe het dit goed gegaan; en figuurlik “tot hierdie punt”: Tot hiertoe en nie verder nie. ‘n Mens kan ook sê hulle is hiertoe (tot ʼn genoemde iets) verbind of het hiertoe (een woord) bygedra.

Tot hier toe (twee woorde) beteken letterlik: Tot hier toe behoort die grond aan my. Dit is omdat hier in dié konteks ʼn bywoord van plek is en daarom word dit los van die volgende woord geskryf.

Bronne: Skryf Afrikaans van A tot Z: Die essensiële gids vir taalgebruikers (SAAZ) en Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.