Taalgebruik: klas, les

Foto net ter illustrasie. (Foto: Pixabay)

ʼn Klas is die groep mense wat lesse in ʼn vak bywoon, kry, volg of neem, of wat klas bywoon of loop, of daarvan wegbly. Die leerling neem ʼn vak/geskiedenis/musiek/ballet(lesse) [NIE: musiek=/balletklasse] of het/loop klas in sang. ʼn Onderwyser of ʼn dosent gee les/klas in ʼn vak, gee/doseer ʼn vak, gee/onderrig bv. musiek of is ʼn musiekonderwyser.

be in a class of their own, be in a class by itself in ʼn eie klas wees [NIE: in ʼn klas van sy eie], almal oortref, bo almal uittroon, uitblink, uitstyg, onoortreflik/onvergelykbaar wees, almal in die skadu stel, die allerbeste of bv. die topspeler wees.

Bron: Skryf Afrikaans van A tot Z: Die essensiële gids vir taalgebruikers (SAAZ)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.