Taalgebruik: na, ná, nadat

Argieffoto (Foto: Sander Sammy/Unsplash)

Na (sonder ʼn akuut) dui op rigting: Ek stap na die kafee (dit wil sê in die rigting van die kafee) en tot by die kafee (die eindpunt), of ek gaan kafee toe of gaan na die kafee (toe).

 (met die akuut) dui tyd aan en word deur ʼn selfstandige naamwoord of frase sonder ʼn werkwoord gevolg: Dit het begin reën toe hy ná die wedstryd of ná die bywoning van die wedstryd huis toe geloop het.

Nadat word gevolg deur ʼn bysin (met ʼn werkwoord): Nadat hy die wedstryd bygewoon het, het hy huis toe gestap.

Terloops: Dieselfde geld vir voor/voordat en tot/totdat, behalwe dat voor en tot nie beklemtoon word nie.

LET WEL: In die uitdrukking ná afloop van is daar wel ʼn aksent op  (sien Pharos se tweetalige woordeboek).

Bron: Skryf Afrikaans van A tot Z

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.