Taalgebruik: ontdek, uitvind

Argieffoto (Foto: 2Photo Pots/Unsplash)

Gebruikers van Afrikaans verwar dikwels ontdek en uitvind met mekaar.

Ontdek dui op iets vind wat daar was, maar wat nie bekend was of waargeneem is nie, terwyl uitvind dui op iets nuuts vind: Columbus het uit ʼn Europese oogpunt Amerika ontdek [NIE Amerika uitgevind], maar ’n mens vind ’n nuwe chemiese middel uit of die telefoon is uitgevind.

Beter sinonieme vir uitvind is agterkom, hoor, verneem (iets het gebeur), te wete kom en vasstel.

ontdek
1 iets vind wat nog altyd daar was, maar waarvan niemand voorheen geweet het nie; te wete kom dat iets bestaan of so is: ’n nuwe eiland/plantsoort/diersoort ontdek • goud/diamante ontdek.
2 kry/vind wat verborge is: ’n fout ontdek.

uitvind
1 vir die eerste keer vasstel hoe iets nuuts gemaak/gebou/ens. kan word; uitdink: ’n dodelike nuwe wapen uitvind.
2 te wete kom; vasstel: Ek kon nie uitvind wat hy bedoel het nie.

Bronne: HAT en Skryf Afrikaans van A tot Z

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

deHAS ·

Ek het ou klere ontdek, ek het ‘n manier gevind om hulle te verkoop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.