Taalgebruik: uitmis

(Foto: RyanMcGuire/Pixabay)

Afrikaanssprekers gebruik soms (verkeerdelik) die woord “uitmis” wanneer hulle die Engelse idiomatiese uitdrukking “miss out” in gedagte het. Taalgebruikers van Afrikaans sal dus soms sê “moenie op hierdie geleentheid uitmis nie”. Dit is egter anglisisties.

HAT Taalgids
ʼn Dier wat iets onverteerbaars geëet het, kan dit uitmis en hy kan dit selfs op jou werf, jou grasperk of jou sitkamermat uitmis, maar in Afrikaans kan ʼn mens nie uitmis of op iets uitmis as jy dit misloop nie.

Jy mis dit of loop dit mis of jy het nie deel daaraan nie of jy laat dit uit of slaan dit oor (byvoorbeeld as jy woorde lees).

Bron: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pietertjie ·

Soos die omie wat, nadat hy volledig verslag gedoen het oor ‘n insident, sê: “ek hoop nie ek het iets uitgemis wat ek nog kon opgebring het nie”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.