Taalgebruik: voëlvry

Argieffoto (Grafika: ElisaRiva, Pixabay)

Voëlvry word soms verkeerdelik verklaar as vry. Dit beteken eintlik die teenoorgestelde: ʼn Voëlvryverklaarde persoon geniet nie meer die beskerming van die reg nie, mag nie bystand soos kos kry nie en kan deur enigiemand vervolg word.

Woord:
voëlvry

Betekenis:
Buite die beskerming van die wet; blootgestel aan vervolging deur enigeen/almal: Die voëlvry verklaarde verraaier het die land verlaat.

Waar kom dit vandaan?
Waarskynlik van die betekenis dat ʼn wilde voël deur enigiemand geskiet kan word.
Uit Nederlands vogelvrij (1697). Vogelvrij ontstaan in verwysing daarna dat enigeen mag jag maak op ʼn persoon wat so vry soos ʼn voël verklaar is. Andersins kan dit ook daarna verwys dat ʼn persoon wat voëlvry is nie ʼn reg op ʼn begrafnis het nie en dus aan die voëls oorgelaat word om sy beendere skoon te pik.

Bronne: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.