Taaltoffie: “roller coaster”

Foto ter illustrasie (Foto: Alexas_Fotos/Pixabay)

Vir die Engelse “roller coaster”, wat ook ʼn “big dipper” genoem word, is daar in Afrikaans twee woorde. Die eerste is wipwaentjie, of wipwa, wat dikwels ook figuurlik gebruik word: “Sy het ʼn wipwaentjie van emosies beleef.” Soos wat so ʼn prettuig op en af gaan, so ry mense se emosies en ook ander dinge wipplank. Ook by samestellings soos wipwaentjierit tref ons dié figuurlike betekenis aan: “Die voorbereiding vir die internasionale modevertoning was behoorlik ʼn wipwaentjierit.”

Die tweede Afrikaanse woord vir “roller coaster”, die ry aaneengekoppelde waentjies wat in pretparke met ʼn dolle vaart oor ʼn kronkelende spoor vol opdraandes, afdraandes en selfs lusse snel, is tuimeltrein.

Bron: Die tale wat ons praat – taaldinge uit die gewilde radioprogram
Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R230,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Renier ·

Tuimeltrein… Interessante beskrywing. Moet dit tog onthou.

Aikie ·

Ek probeer my bes om suiwer Afrikaans te praat in my daaglikse omgang, maar soms is dit byna onmoontlik. “Wipwa”, nog ‘n goeie een om te probeer onthou.

Piet ·

Wipwa laat my meer dink aan die vragmotors wat hul waens na die grond toe kan knipmes om vrag (soos sand) makliker af te laai.

Piet ·

Tuimel iets anders sal werk maar tuimeltrein werk nie vir my nie want die waentjies lyk dikwels meer na karretjies of iets anders en die spoor ook nie soos ‘n treinspoor nie. Wipwa maak glad nie vir my sin nie. Tuimelry, tuimelspoor of tuimelbaan miskien?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.