Idioom:
So kwaad wees soos oom Paul se bobbejaan
Betekenis:
Baie kwaad wees vir iemand wat nie die oorsaak daarvan is nie
Waar kom dit vandaan?
Volgens oorlewering het oom Paul Kruger ʼn bobbejaan aangehou. Op ʼn koue dag was daar ʼn vuur naby die paal waaraan die dier vas was. Die bobbejaan het gedraai, sy stert deur die vuur geswaai en na oom Paul gehap wat toevallig aan die verbystap was.
13 Oktober 2011
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.