Luister: Rykdom van Afrikaanse plekname in dié dorre streek

Klein Karoo Nasionale Park (Foto: Elaine Krige/Maroela Media}

In die mond van sommige Suid-Afrikaners is die Karoo alles wes en suid van Bloemfontein, amper soos wat baie mense verkeerdelik van die Kaap praat as hulle eintlik na ander streke in die Wes-Kaap verwys.

“Die Karoo beslaan ʼn groot deel van die suidweste van Suid-Afrika, maar dit bestaan as’t ware uit verskillende streke. Dit is dus nie akkuraat om na alles as bloot net die Karoo te verwys nie,” meen Karien Brits, taalpraktisyn by Akademia.

Sy verduidelik verder uit watter dele die Karoolandskap bestaan. “Die bekendste streke is die Groot-Karoo, wat noord van die Swartberg lê, en die Klein-Karoo, wat tussen die Langeberg en Swartberge is. Daar is dan ook die Bo-Karoo, ook bekend as die Noordelike Karoo, wat in Carnarvon se omgewing is.”

In hierdie episode van Maroela Media se podsendingreeks oor plekname gesels Karien oor die rykdom van Afrikaanse plekname in die Karoo. Sy fokus op die Moordenaarskaroo, ʼn streek in die Groot-Karoo, en Leeu-Gamka, ʼn dorp wat in Sentraal-Karoo geleë is.

Soos in die geval van Griekwastad, wat in ʼn vorige episode van hierdie reeks oor plekname bespreek is, het Leeu-Gamka ook ʼn naamsverandering ondergaan. “Die dorp lê omtrent tussen Prins Albert en Beaufort-Wes, en dit het vroeër as Fraserburgweg bekend gestaan.

“Hierdie dorp is by die samevloeiing van die Leeu- en Gamkarivier, en dit verklaar dalk ook die naam wat ʼn samestelling van ‘Leeu’ en ‘Gamka’ is. ‘Gamka’ beteken egter ‘Leeurivier’ in Khoi. Die naam Leeu-Gamka is dus eintlik Leeu-leeurivier.”

  • Luister boaan na Karien Brits se bydrae oor die rykdom van Afrikaanse plekname in die Karoo.
  • Luister hier na vorige episodes in die reeks oor plekname.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.