Taaltoffie: Die komvandaan van ʼn paar Afrikaanse woorde

Karien Brits is die taalpraktisyn by Akademia met ʼn liefde vir tale en die stories wat die tale oordra. (Foto verskaf)

Sommige taalgebruikers maak partykeer die fout deur Afrikaanse woorde soos “konklusie”, “observasie” en “rekommendeer” as Anglisisties te beskou. Dit is egter nie die waarheid nie.

In hierdie episode van Maroela Media se taalpodsendingreeks werp Karien Brits, voltydse taalpraktisyn by Akademia, lig op die samestelling van die Afrikaanse woordeskat.

Sy verduidelik dat dit uit Romaanse, Dietse en Nederlandse woorde ontstaan het, en dat daar wel ʼn voorkeur vir sekere vorme in die Afrikaanse taal is.

Woorde soos hierbo genoem, is bloot leenwoorde van ʼn gemeenskaplike Romaanse (dit is Latynse en Franse) herkoms, soos wat Wannie Carstens ook in Norme vir Afrikaans uiteensit. As gevolg van hulle gemeenskaplike oorsprong, kom hierdie woorde dus in sowel Engels as Afrikaans voor.

Die grootste deel van die Afrikaanse woordeskat het ʼn Germaanse of Dietse herkoms, en dit is ook die voorkeurvorm in Afrikaans. Carstens voeg wel by dat dit “nie verkeerd is om die Romaanse vorm te gebruik nie”.

  • Luister boaan na die volgende episode van Maroela Media se podsendingreeks oor Afrikaanse taalgebruik.
  • Norme vir Afrikaans kos R650 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om dit by Graffiti Boeke aan te skaf. 
  • Luister na vorige episodes in die taalpodsendingreeks hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Piet ·

My gunsteling is: diskusseer.
Konklusie en rekommendeer steek my dwars in die krop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.