WAT Woord van die week: ipekonders

Argieffoto (Foto: nastya_gepp/Pixabay)

Woord:
ipekonders

Betekenis:
Siekte van die verbeelding wat gewoonlik neerslagtigheid tot gevolg het, of fiemies. Verbeelde siekte: Ipekonders hê. Hy is vandag weer vol ipekonders. Sy was ‘n groot, sterk boertannie van wie ‘n mens nooit in der ewigheid sou verwag het dat sy aan ipekonders kon ly nie (C.G.S. de Villiers).

Waar kom dit vandaan?
Deur volksetimologie ontstaan uit hipochondrie, uit Grieks hypochondria met hypo wat “onder” beteken en chondria wat “borskraakbeen” beteken. Die Grieke het geglo dat die gedeelte onder die borsbeen die setel van talle siektes is.

OOK:
iepies s.nw. (streektaal) Jy sê jy is siek, maar is dit nie dalk sommer iepies nie? (Opgeteken op Zeerust en Rustenburg en in Pretoria).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.