WAT Woord van die week: paneer

Argieffoto (Foto: Alexa/Pixabay)

Woord:
paneer

Betekenis:
ʼn Gereg, veral ʼn vleisgereg of ʼn stuk vleis, met fyngemaakte krummels, gewone broodkrummels, bestrooi voordat dit gebraai of gebak word: Onder die warm spyse… was ʼn geurige kerriegereg, brosgebraaide varkribbe in ʼn lekker sous, gepaneerde schnitzels en salmpasta (Burg., 14 Jan. 2000, Joernaal, 2).  Frikkie die vis pryk aanloklik op helder pakkies snelbevrore mootjies, gepaneerde visstukke en visvingers (S.A. Visse, 1963, 2).

Hierdie interessante brokkie verskyn in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ʼn Woord-projek.

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.