Woord: afrokkel

Foto ter illustrasie (Foto: Nathan Bingle/Unsplash)

Woord:
afrokkel

Betekenis:
1 weglok deur vleiery/liefkosing/geld/ens.: kinders van hul ouers afrokkel • ʼn werknemer van sy/haar werk afrokkel deur hom/haar meer geld aan te bied.
2 op ʼn skelm manier van iemand kry: deur leuens geld van iemand afrokkel.

Waar kom dit vandaan?
Waarskynlike kontaminasie van Nederlands aftroggelen en afrokkenen. Die Nederlandse aftroggelen beteken “iets by iemand bedel, of iets deur aanhoudende gevlei by iemand verkry” (1644), terwyl afrokkenen “afspin” ʼn samestelling is van af en rokkenen waar laasgenoemde by uitbreiding “iets beraam, veroorsaak of teweeggebring wat ongunstig is” (1668) beteken.

Bronne: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ‘n skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. -Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.