Woord: ambidekster

Argieffoto (Foto: RobinHiggins/Pixabay)

Woord:
ambidekster

Betekenis:
ʼn Ambidekster is ʼn persoon wat albei hulle hande ewe goed kan gebruik, met ander woorde ʼn dubbelhandige persoon. Dié omskrywings is in die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) en die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) opgeteken.

Volgens die WAT word ambidekster ook in ʼn figuurlike sin gebruik om na ʼn persoon te verwys wat baie handig is en “hom in alles kan skik”.

Waar kom dit vandaan?
Die HAT skryf dat dit afkomstig is van die Latynse woorde ambo, wat “albei” beteken, en dexter, wat “regs” beteken.

Bronne: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.