Woord: bollemakiesie

Argieffoto (Foto: Luke Pennystan/Unsplash)

Woord:
bolmakiesie, bollemakiesie

Betekenis:
Beweging waarby iemand met sy lyf vorentoe oorslaan totdat hy weer regop is.

Waar kom dit vandaan?

Die herkoms van bolmakiesie is onseker, maar bol hou waarskynlik verband met Nederlands bol (Middelnederlands bollebol na aanleiding van die bondeltjie waarin die lyf getrek word voordat dit vorentoe oorslaan. Volgens Mansvelt (1884) kom bol dalk uit Nederlands bollen wat vroeër draai, wentel beteken het en bespiegel hy verder dat –ma- moontlik kan kom uit maar en –kiesie moontlik uit keesje kees, bobbejaan, sodat dit as geheel iets beteken soos draai of wentel maar soos n bobbejaan.
Vanuit Afrikaans ook in Suid-Afrikaanse Engels (1970).

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pietertjie ·

Ek het altyd gewonder hoekom my oupa (wat nog uit die Hoog-Hollandse Bybel gelees het) gepraat het van “bommelakiesie”, totdat ek op ‘n slag die vonkel in sy oë gesien het. Hy het getoets wíé luister. En toe ontdek ek oor tyd die rits woorde wat hy só gebruik. Wat ‘n wonderlike leerskool..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.