Woord: hamburger

Argieffoto (Foto: moreharmony/Pixabay)

Woord:
hamburger

Betekenis:
plat vleisfrikkadel gewoonlik met tamatie, uie, blaarslaai en mosterd tussen twee helftes van ʼn ronde broodrol

Waar kom dit vandaan?
Genoem na die Hamburg-steak wat deur Europese immigrante in die 1850-erjare na die VSA gebring is.

Die naam is in Hamburg in Duitsland daaraan gegee; die vleis was ingesout, taai en effens gerook en was uiters geskik om die lang seereis van Duitsland na Amerika te deurstaan. Dit is dan later gemaal om dit makliker bruikbaar te maak.

Veral die Joodse immigrante was lief daarvoor en het dit aanhou maak in Amerika. Die res van die hamburger se geskiedenis is so bekend soos dié van ou Macdonald wat net ʼn plaas gehad het.

Oorspronklik gepubliseer in Anton F. Prinsloo se Die aap in jou koffie
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R200,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Waarheid ·

Dit kom van die Mongolians en Genghis Khan in die jare 1200 af!!!

From 1167-1227 the Mongol army occupied the western portions of the modern-day nations of Russia, Ukraine, and Kazakhstan, forming the so-called Golden Horde. This cavalry dominated army was fast moving and sometimes unable to stop for a meal, so they often ate while riding. They wrapped a few slices of meat under their saddles so it would crumble under pressure and motion and be cooked by heat and friction.

Karolis ·

Ham is volgens my varkvleis.
Kan dit nie eerder ‘n beef of bief burger heet nie.
Soos ‘n hoender burger ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.