Woord:
kaiing
Betekenis:
Deeltjies wat oorbly wanneer stukkies dierevet, reusel of spek uitgebraai word: Van die hele skottel vet het net ’n bord kaiings oorgebly. • bros, goudbruin uitgebraaide kaiings.
Waar kom dit vandaan?
Waarskynlik uit Nederlands “kaaien” (1836 – 1838), dialektiese meervoud van “kaan” wat ‘vlesige oorblyfsel van ‘n stukkie uitgebraaide vet’ beteken. Eerste optekening in Afrikaans by Pannevis (1880) in die vorm “kaing”.
Uitdrukkings:
Harde kaiings wees.
– Parmantig wees.
Dit sal kaiings kos
– Dit sal moeilik gaan.
’n (Regte) ou vuil kaiing wees
–Slordig/morsig wees.
Voorwaar ‘n belybaar-verleidelik voortreflike stukke smulpesier. En die insiggewende verduideling,val net so soet op die oor soos wat die smulhappie, smaakvol op die tong val.