Woord: kalkoen

Argieffoto (Foto: Tracey O’Brien/Pixabay)

Woord:
kalkoen

Betekenis:
Groterige Amerikaanse voëlsoort wat tot die hoenderorde behoort met ʼn kenmerkende bel by die keel

Waar kom dit vandaan?
Genoem na die stad Kalikoet in Indië (tans Kozhikode) waar dit as die Kalikoetse hoen bekend gestaan het. Die naam kalkoen is ʼn sametrekking en verbrouing daarvan.

Die benaming is egter verkeerd. Die kalkoen was nie inheems aan Indië nie, maar aan Midde-Amerika.

Ander tale toon dieselfde vergissing: Frans coq d’Inde (“haan van Indië” – die Franse het dit die eerste keer daar teengekom), Engels turkey (omdat Indië soveel van die voëls na Turkye uitgevoer het dat die Engelse gedink het dat dit in Turkye inheems was), Nieuhoogduits Türkischer hahn, Suid-Nederlands turkhaan.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lord Oom Piet ·

As wat het die kalkoen oorspronklik in Amerika bekend gestaan?

Jan ·

En “Peru” in Portugees. Gedag kalkoene kom van Peru af…

Kallakoen ·

Waar is Midde-Amerika? Daar is Noord Amerika, Suid Amerika en Sentraal Amerika. Dalk die midde-weste van die VSA ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.