Woord: kattebelletjie

notas-idees-papier-pen

Argieffoto (Foto: Congerdesign/Pixabay)

Woord:
kattebelletjie

Betekenis:
Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) en die Verklarende Afrikaanse Woordeboek verduidelik dat kattebelletjie twee betekenisse het. Dit kan ʼn klein briefie wees wat haastig neer gekrabbel is, of dit verwys na ʼn kleinerige stuk papier waarop iets geskryf kan word.

Waar kom dit vandaan?
“Kattebelletjie” is van die Nederlandse woord cartabel, wat aan die Italiaans ontleen is, afgelei. Die vroeëre betekenis van hierdie woord was “ʼn klein geskrif, of versameling los aantekeninge”, soos opgeskryf in die WAT.

Bronne: Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), Verklarende Afrikaanse Woordeboek

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.