Woord: kets

Argieffoto (Foto: kaboompics, Pixabay)

Woord:
kets

Betekenis:
1 (vuurwapen, enjin, ens.) nie afgaan/ontsteek nie; weier: Sy geweer het gekets. • My motor kets as dit koud is.
2 ’n wegskrammende geluid maak; afskram: Die klippies kets teen die motor se modderskerm.
3 (weinig gebruiklik) afwys; verwerp: ’n voorstel kets.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

g ·

Nee, ek dink dit is die Afrikaans vir “ping”. Ook genoem “pre-ignition”

IK ·

‘g’ is reg. Dit het by voertuigenjins te doen met die tydreëling van die vonkverdeler (distributor) wanneer die vonkprop vuur (spark) en dit voortydig geskied. Daar is ‘n duidelik klopgeluid (krrrrrrrrr). Groot skade kan ook aangerig word indien daar nie aandag gegee word hieraan. In die ou dae het dit gebeur wanneer ‘n motor see se kant toe ry en die enjintyd gestel moet word. Verkeerde brandstof wat gedeeltelike ontbranding veroorsaak kan dit ook doen. Ek het met kragparaffien in ‘n VW kewer ‘n toets gedoen die jare toe ‘n brandstoftekort ons bedreig het. Duidelik het die Volksie nie daarvan gehou!! Selde of ooit dat dit vandag gebeur weens tegnologiese vooruitgang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.