Woord: klodder

kind_hande_verf_.jpg

Argieffoto (Foto: Merlotsart.com)

Woord:
klodder

Betekenis:
“Klodder” is ʼn selfstandige naamwoord wat “klont” beteken. Dit is gewoonlik van ʼn pap, halfvloeibare of jellieagtige stof, soos dik verf of gestolde bloed, of ook soms van ʼn harde of hard geworde stof in so ʼn amorfe vorm:

  • Hierdie sogenaamde kunstenaars… neem ʼn stuk linne,… smeer blindweg ʼn paar klodders verf daarop en onderteken die hele ding dan met hul naam(in F.G.E. en M. Nilant, vert.: Kuns, 1958, 391).
  • Hier en daar word ʼn… klodderverf (op die skildery) nog verwerk in ʼn blaartjie of ʼn voëltjie (, 25 Okt. 1965, 2).
  • Oral drup en val die olie in dik, swart klodders van sy lyf af( Malherbe: Lewe Roep, 1939, 95).
  • Swart klodders… van die saftigheid waarin hy… getrap het( Ferreira, vert.: Miere, 1968, 233).
  • Klodders (goud)of nuggets van 119, 123 en 215 onse werd in 1875 (te Pelgrimsrust) ontdek (S. Preller: Goud Roman, 1935, 84).
  • Die man vertel juis vir my dat hy by Pelgrimsrust ʼn klodder(goud) van 215 onse gesien het ( Britz: Goudkoors, 1945, 26).

Die woord kan figuurlik ook gebruik word: Die klodder wolk lê teen die wilger / Sag en syerig soos donssuiker (I. Rousseau: Taxa, 1970, 35).

Hierdie interessante brokkie verskyn in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT). Ondersteun gerus hulle Borg ʼn Woord-projek.

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.