Woord: kortwiek

Foto ter illustrasie (Foto: Nicman/Pixabay)

Woord:
kortwiek

Betekenis:
vryheid van handeling aan bande lê, mag of invloed beperk

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands kortwieken (1724 – 1726), ʼn samestelling van kort en gewestelike wieken, met laasgenoemde van wiek “vlerk van ʼn voël, spesifiek as ledemaat waarmee hy vlieg”, en beteken letterlik “die slagpenne van een of albei vlerke van ʼn voël wegknip en sodoende verhoed dat hy wegvlieg”.

Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.