Woord: ramkat

Argieffoto (Foto: Foundry Co/Pixabay)

Woord:
ramkat

Betekenis:
man wat besonderlik goed presteer (het), wat blyk ’n uithaler te wees: Jy’s sommer ’n ou ramkat! ● Sal ons twee ramkatte hom maar alleen kafdraf? (Boerneef). ● Hy voel nie bra ramkat vanaand (Elisabeth Eybers).
[ook uitroep van bewondering/ens.]: Ramkat! Dit wil gedoen wees.

Waar kom dit vandaan?
Waarom ram en kat saamgevoeg is, is onduidelik, maar die eerste optekening van hierdie woord was ramkêrel (Pannevis, 1880)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.