Woord: skrede

Argieffoto (Foto: Nicman/Pixabay)

Woord:
skrede

Betekenis:
Volgens die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (6de uitgawe) en die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), is skrede ʼn argaïese woord wat stap of tree beteken. Byvoorbeeld:

  • Sy het met rasse skrede deur die winkelsentrum beweeg, deeglik bewus van die tyd wat vinnig verbygaan.
  • Die bergklimmer het met vasberade skrede teen die steil helling opbeweeg.
  • Toe die son begin sak het, het hy sy skrede stadig huiswaarts gewend.

Dit kom ook in vaste uitdrukkings voor, soos byvoorbeeld:

  • “Met rasse skrede”, wat vinnige beweging aandui.
  • “Jou skrede wend na”, ʼn verouderde uitdrukking wat daarna verwys om te begin stap, te beweeg of êrens heen te gaan. Dit kom in Psalm 23 in die Bybel voor waar daar geskryf staan: “Hy laaf my siel en lei my swakke skrede in vaste spoor van sy geregtighede”.
  • “Die skrede doen”, ʼn verouderde uitdrukking wat beteken om dood te gaan.

Bronne: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.