Woord:
Sondagskind
Betekenis:
‘n Gelukskind
Waar kom dit vandaan?
Waarskynlik na aanleiding van die ou Engelse rympie oor die dae van die week waarop kinders gebore is: Sunday’s child is fair and wise, and good and gay.
Dit is moontlik ook die verchristeliking van die vroeëre Germaanse, heidense Donnertagskind wat onder beskerming van die Skandinawiese god Thor staan en geeste kon sien.