Woord: stoutmoedig

Argieffoto (Foto: Manfred Richter/Pixabay)

Woord:
stoutmoedig

Betekenis:
“Stoutmoedig” is volgens die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) en die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) ʼn formele en ietwat verouderde Afrikaanse woord wat dapperheid of ondernemendheid beskryf. Byvoorbeeld:

  • Die bergklimmer het ondanks talle risiko’s ʼn stoutmoedige poging aangewend om die gevaarlike piek te bereik.
  • Met ʼn stoutmoedige glimlag, het sy die uitdaging aanvaar en almal met haar onverwagse sukses verras.
  • Die wetenskaplike was stoutmoedig genoeg om ʼn nuwe teorie voor te stel wat die bestaande begrippe uitgedaag het.

Bronne: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.