Woord: teem

Argieffoto (Foto: Pezibear, Pixabay)

Woord:
teem

Herkoms en betekenis
Wanneer iemand langsaam, talmend of slepend praat, sê ons die persoon teem. Dit is volgens die woordeboekdefinisies in die Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT).

Die woord het sy oorsprong in die Nederlandse woord temen (1614–1615), wat uit teem – “onderwerp van bespreking” volgens die EWA – ontwikkel het. Temen se oorspronklik betekenis toe dit in 1539 ontstaan het, was om jouself met ʼn spesifieke onderwerp besig te hou. Die EWA verduidelik verder dat die verskynsel om herhaaldelik oor dieselfde onderwerp te praat daartoe gelei het dat ʼn spreker as vervelend beskou kon word.

Die oorsprong van die Nederlandse woord temen kan verder teruggevoer word na die Oudfrans theme, wat sy wortels in die Latynse woord thema – volgens die EWA ʼn “tema of onderwerp” – het.

Bronne: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA), Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT)  

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.