Woord:
weerbarstig
Betekenis:
1 koppig; opstandig; hardekwas: ʼn weerbarstige houding/persoonlikheid • weerbarstige jong seuns • Hy is ʼn weerbarstige omie, altyd aan die stry met iemand.
2 moeilik hanteerbaar/bewerkbaar: weerbarstige krulle ◊ (ʼn man) met ʼn weerbarstige kuif (Etienne van Heerden).
Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands weerbarstig wat ontstaan het onder die invloed van wederborstich, ʼn samestelling van weder wat ‘teen’ beteken en borstel wat na ‘borselagtige, regopstaande hare, soos bv. van varke’ verwys. Eerste optekening in Afrikaans in Patriotwoordeboek (1902).
Verwante woorde: astrant, balhorige, balorig, balsturig, befoeterd, bekonkel, dwaas, dwars, eiewys, kontrarie, kontrêr, koppig, onhanteerbaar, onredelik, oproerig, rebels
Bronne: VivA Aanlyn, HAT en Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA)