‘n Sterwende pa het die geleentheid gekry om saam met sy 11-jarige dogter na die kansel te stap aangesien hy nie lank genoeg sal leef om dit werklik te kan doen nie.
The Press Enterprise berig dat Jim Metz (62) van Murrieta, Kalifornië gevorderde pankreaskanker het. Hy weet hy sal nie lank genoeg lewe om sy 11-jarige dogter te sien trou nie. Maar danksy ‘n fotograaf wat die gesin onlangs afgeneem het, is dié droom bewaarheid. Die fotograaf het die “troue” gereël en Metz het die geleentheid gekry om saam met sy dogter, Josie, na die kansel te stap.
Die video is deur KTLA vervaardig en op YouTube gelaai.
http://youtu.be/w2tPo3ZV0f8
Dis so hartseer. Ek hoop sy kry eendag ‘n man wat baie goed vir haar sal sorg. ‘n Man soos haar pa.
Ek kan sommer die band tussen hulle sien. Wens daar meer sulke pa’s op hierdie aarde gewees. Die wêreld sou ‘n baie beter plek gewees het.