Die liggaam van ‘n 82-jarige non, wat Sondag in Mthatha gekaap en ontvoer is, is Maandagmiddag in ‘n stroompie in Nangeni in die Oos-Kaap gevind.
Lees meerAlles vir Maandag 16 Junie 2014
Ramaphosa: ‘Werkloosheid onder die jeug is grootste uitdaging’
Werkloosheid onder die land se jeug is moontlik die land se enkele grootste uitdaging, het adjunkpresident Cyril Ramaphosa Maandag tydens Jeugdagvieringe gesê.
Platinumooreenkoms nog nie bevestig
Platinumprodusente kon nie Maandag se berigte dat Amcu die loonaanbod in die platinumsektor aanvaar het en dat werkers die week nog gaan terugkeer werk toe, bevestig nie.
AfriForum Jeug boikot Jeugdag; maak monument skoon
AfriForum Jeug se nasionale bestuur het vandag aangekondig dat hulle nie vanjaar jeugdag gaan vier nie.
Man sterf in botsing
‘n Man is Maandagoggend dood nadat sy motor teen ‘n versperring op die N2-suid naby Umdloti, KwaZulu-Natal gebots het.
Michael Schumacher ontwaak uit koma
Die Formule Een-kampioen Michael Schumacher sê familie het aangekondig dat hy amper ses maande ná sy ski-ongeluk uit sy geïnduseerde koma ontwaak het.
Habana se “beste Vadersdaggeskenk ooit”
Die Springbok-vleuel Bryan Habana het Sondag, op Vadersdag, ‘n seuntjie ryker geword.
Video: Sterwende pa stap saam dogter na die kansel
‘n Sterwende pa het die geleentheid gekry om saam met sy 11-jarige dogter na die kansel te stap aangesien hy nie lank genoeg sal leef om dit werklik te kan doen nie.
Ma, drie kinders val na hul dood
Die polisie in Japan ondersoek ‘n moontlike selfmoord nadat ‘n ma en haar drie klein kinders na hul dood geval het uit ‘n woonstelgebou.
‘Krisis in tronke,’ sê DA oor berigte van omkopery, dwelmsmokkelary
Die DA sê berigte van dwelmsmokkelary en die omkoop van tronkbewaarders by die Leeuhof-gevangenis is tekenend van ‘n krisis in die stelsel.
Keniaanse kusdorp aangeval; minstens 48 dood
Minstens 48 mense is dood nadat vermeende Al-Sjabaab-rebelle op die Keniaanse kusdorp Mpeketoni toegesak het.
Malema: ‘Zuma moet ly’
President Jacob Zuma moet ly, het Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryhedisvegters (EFF), aan ondersteuners in Marikana buite Rustenburg, Noordwes gesê.
Vermiste vrou se lyk in vlak graf gevind
‘n Vrou wat vir langer as ‘n week vermis was, se liggaam is Sondag in ‘n vlak graf in die Sweetwaters-omgewing by Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal gevind.
Nuuskommentaar: Afrikaans en die jeug – transformasie versus die grondwet
Dit het as die groot Afrikaanse debat bekend geword. Werklike swaargewigte en aspirant-swaargewigte het op verskeie forums teen mekaar in die kryt geklim.
Vyf sterf in Vrystaat-ongeluk
Vyf mense is dood en twee kritiek beseer na ‘n botsing tussen drie motors en ‘n vragmotor op die N5 buite Bethlehem in die Vrystaat.
Man vermis in see by Hermanus
‘n Man word vermis nadat hy Sondag deur die see meegesleur is in Hermanus in die Wes-Kaap.
Gedagte vir die dag: Algehele oorgawe
1 Kon 20:40 – “Ek en alles wat myne is, behoort aan u”. ” ‘n Sagte antwoord keer die grimmigheid af,” het koning Salomo lank…