ʼn Vliegtuig van British Airways onderweg na Londen het Sondagaand ʼn gebou by OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg getref.
Die Boeing 747 was glo op pad na die aanloopbaan toe een van sy vlerke ʼn baksteengebou getref het, berig The Telegraph.
Phindiwe Gwebu, woordvoerder vir die burgerlike lugvaartowerheid, het Maandag aan AFP gesê vier mense in die gebou is beseer, maar die 185 passasiers en 17 bemanningslede aan boord is nie beseer nie. Gwebu sê die rybaan was te nou vir die vliegtuig, berig AFP.
Volgens EWN moet die Lughawensmaatskappy (Acsa) nog die besonderhede van die voorval bevestig.
Media in Engeland het berig dat alle passasiers die aand in ʼn hotel by die lughawe moes spandeer.
British Airways het in ʼn verklaring gesê ʼn omvattende ondersoek sal gelas word en die maatskappy sal die burgerlike lugvaartowerheid in Suid-Afrika bystaan met hul ondersoek.
Harriet Tolputt, hoof van media by Oxfam Charity, was op die vliegtuig en het net ná die voorval getwiet: “BA-vliegtuig tref gebou by Johannesburg-lughawe. Niemand beseer nie buiten die vlieënier se ego.”
So hoe moeilik kan dit dan nou wees om met ‘n 747 te “taxi”?
Seker ‘n BEE pilot…
Dalk nie ‘n BEE-vlieenier nie maar dalk wel ‘n BEE ‘air traffick controller’. As ek reg lees was die baan of area te nou.