Hof beslis teen Mdluli

Richard Mdluli bly geskors. Foto: globalpost.com

Die Johannesburgse arbeidshof het Sondagoggend vir ʼn aansoek van die Suid-Afrikaanse Polisiediens beslis, wat vra dat die misdaadintelligensie baas, Richard Mdluli, geskors moet bly.

Mdluli se skorsing is Vrydag deur dieselfde hof opgehef, het news24.com berig. Die polisiediens se regspan was nie dié dag in die hof nie en hulle het Saterdag ʼn dringende aansoek na die hof gebring om die beslissing tersyde te stel.

Waarnemende nasionale polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, het generaal Mdluli verlede Sondag vir die tweede keer geskors. Mdluli word van bedrog en korrupsie aangekla. Hy het ook al ʼn aanklag van moord teen hom gehad. Hy is egter in Maart vanjaar weer aangestel maar is na klagtes van verskeie organisasies na ʼn ander departement geskuif, waarna Mkhwanazi hom weer geskors het.

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.