Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan

Radovan Krejcir Foto: www.lidovky.cz

Radovan Krejcir Foto: www.lidovky.cz

Kol. Francois Steyn, hoof van die georganiseerdemisdaad-eenheid in Germiston, het glo ʼn lening van R408 000 aangegaan by een van omstrede sakeman Radovan Krejcir se maatskappye, het The Mail&Guardian Vrydag berig.

“Ek het nooit die geld in besit geneem nie. Ek het die geld nooit gesien nie,” het Steyn gesê.

Die koerant berig Steyn het ontken dat hy daarvan bewus was dat die maatskappy, Groep Twee Beleggings, aan Krejcir verbind word. Hy het glo eers vyf maande later toe Lolly Jackson, ontkleedansklubeienaar, dood aangetref is, van die verbintenis uitgevind.

Steyn sê die lening is deur Cyril Beeka, ʼn sekuriteitskonsultant, gereël. Steyn het die geld benodig om deel te wees van ʼn nuwe sekuriteitsmaatskappy. Beeka is in Maart 2011 doodgeskiet. Volgens Steyn het Beeka ingestem om die lening af te betaal totdat die maatskappy aan die gang was.

Ná Jackson se moord het Steyn vir twee dae lank gehelp om moontlike verdagtes te identifiseer voordat die Valke die ondersoek oorgeneem het. Hy het toe eers besef dat Krejcir aan Groep Twee verbind word.

Steyn sê hy het Beeka in daardie stadium gekontak en gevra: “Wat de hel het jy aan my gedoen?”

Ná Beeka se afsterwe het Steyn ʼn dagvaarding vir die R400 000-lening gekry. Een van Steyn se vriende, ʼn sakeman, het aan hom gesê Krejcir skuld hom bykans dubbel soveel en ʼn ooreenkoms is bereik dat die skuld mekaar sou uitkanselleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peter Says ·

Hmmm, een van baie ongerymdhede wat nog gaan uitkom, die seepbel gaan “Bars”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.