Die Tsjeggiese voortvlugtende, Radovan Krejcir, is Vrydagmiddag op aanklag van poging tot moord en ontvoering in hegtenis geneem.
Lees meerAlles vir Vrydag 22 November 2013
15 dood weens “dronk” taxibestuurder
Minstens 15 mense is dood toe ‘n minibustaxi Vrydag naby Umkomaas in KwaZulu-Natal in ‘n stilstaande vragmotor vasgery het.
Kurt Darren kom moontlik tot hond se redding
Die sanger Kurt Darren het Vrydag aangebied om te betaal vir ‘n helikopter om ‘n hond, wat in die Groot Gat by Kimberley beland het, te red.
Handboeke vir 2014 afgelewer
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Vrydag gesê alle provinsies het handboeke vir 2014 ontvang.
Rooftog by Yusuf Abramjee se huis
Die polisie is op soek na twee gewapende rowers wat Vrydag by Yusuf Abramjee, hoof van Crime Line, se huis in Erasmia, wes van Pretoria, ingebreek het.
Slang jaag juffrou en seuntjie die skrik op die lyf
‘n Onderwyseres is die skrik op die lyf gejaag toe ‘n slang op haar motor se voorruit beland het terwyl sy bestuur het.
Gewapende rowers steel R400 000 kontant by man
‘n Man is geskiet en van R400 000 beroof nadat hy die kontant uit ‘n bank by Fourways-winkelsentrum, noord van Johannesburg, onttrek het.
Foto’s: “Ek het my plakkies sien verbydryf,” sê armblanke ná Kaap-vloede
Sunette Bridges, stigter van die Boervrouliga, het Donderdag en Vrydag inwoners van die Kays-karavaanpark in die Strand in Kaapstad besoek nadat verlede week se Kaap-vloede grootskaalse skade aangerig het.
Reddingspoging ná hond in Groot Gat beland
Reddingspogings is tans aan die gang om ʼn hond, wat glo sowat ʼn week gelede in Kimberley se Groot Gat geval het, te red.
5 beseer toe bakkie in rivier beland
Vyf mans is Donderdag beseer nadat hulle uit ʼn bakkie geslinger is wat teen ʼn wal in Mtunzini, KwaZulu-Natal, afgerol het.
“Misverstand” oor Nkandla-foto’s
Die media het ʼn opdrag van die kabinet oor die publikasie van foto’s van pres. Jacob Zuma se woning in Nkandla, KwaZulu-Natal, verkeerd verstaan, het ʼn woordvoerder vir die regering Vrydag gesê.
Uitspraak uitgestel in Benoni-moordsaak
Uitspraak in die saak van Martin Badenhorst, wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou doodgeskiet het, is Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof uitgestel.
Foto’s: Media publiseer steeds Nkandla-foto’s
Koerante het Vrydag ʼn uitdagende houding ingeneem teen ʼn opdrag van die kabinet, om nie meer foto’s van pres. Jacob Zuma se huis in Nkandla, KwaZulu-Natal te publiseer nie.
Skoolhoof se kinderporno-saak uitgestel
Die saak van ʼn voormalige skoolhoof van ʼn privaatskool in Mpumalanga wat daarvan beskuldig word dat hy in ʼn kinderpornografie-netwerk betrokke was, is Vrydag in die landdroshof in Witrivier uitgestel
UJ-student doodgery in polisie-jaagtog
ʼn Student is dood en ʼn ander beseer toe ʼn motor hulle Vrydag in Aucklandpark, Johannesburg, raakgery het.
Pad na jou hart
Iets anders! Francois Bloemhof slaan ʼn nuwe rigting in met ʼn roman gebaseer op ʼn draaiboek deur die bekende akteurs Ivan Botha en Donnalee Roberts.
Taxivereniging help nuwe buurt- en plaaswagpatrollies
Die burgerregte-organisasie AfriForum het begin met die eerste buurt- en plaaswagpatrollies in en om Elliot in die Oos-Kaap. Die veiligheidsnetwerk is op die been gebring ná die afgelope maand se wrede moord op ʼn bejaarde egpaar van Barkly-Oos nie ver van Elliot nie.
Minimumloon vir huishulpe verhoog
Die minimumloon vir huishulpe sal volgende week verhoog word, het Mildred Oliphant, minister van arbeid, Vrydag aangekondig.
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Kol. Francois Steyn, hoof van die georganiseerdemisdaad-eenheid in Germiston, het glo ʼn lening van R408 000 aangegaan by een van omstrede sakeman Radovan Krejcir se maatskappye.
Man vrygelaat ná seun na sy dood val
ʼn Man wat in hegtenis geneem is nadat ʼn 16-jarige seun uit die sesde verdieping van ʼn gebou in Hillbrow na sy dood geval het, is weer vrygelaat.