ʼn Vierjarige kleuter is Woensdagaand in Hanover Park in Kaapstad doodgeskiet.
Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, het gesê die voorval het omstreeks 19:10 in Mentz Court plaasgevind. Hy wou egter geen verdere besonderhede oor die voorval bekendmaak nie.
“Volgens berigte is ʼn vierjarige seuntjie doodgeskiet. Niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en ʼn saak van moord word ondersoek,” het Traut gesê.
Hy wou nie bespiegel of die voorval met bendegeweld in die gebied verband hou nie.