Die Vrystaatse regering het Dinsdag tydens ʼn aardbewing alle staatsdiensamptenare uit Bloemfontein se twee hoogste geboue ontruim.
“Kopung Ralikontsane, direkteur-generaal van die Vrystaat, het alle personeellede aangesê om onmiddellik te ontruim, huis toe te gaan en eers weer môre aan te meld,” het Mondli Mvambi, woordvoerder vir die regering, gesê.
Die aardbewing het geboue laat skud en vensters het gerammel.
Die Raad vir Geowetenskappe het gesê die aardbewing het 5.5 op die Richterskaal gemeet.
Volgens Mvambi het Ralikontsane ook die provinsie se strukturele ingenieurs opdrag gegee om die veiligheid van alle provinsiale regeringsgeboue, insluitend hospitale, te ondersoek. Hy het gesê die ontruimings by die 23 verdieping hoë staatsdiensgebou, wat vroeër as die CR Swart-gebou bekend gestaan het, en die 12 verdieping hoë Lebohang-gebou, het glad verloop.
Lees ook:
Aardbewing ruk groot dele van SA
Nou as wat staan die C R Swart-gebou nou bekend?