ʼn Herrie het op Twitter losgebreek nadat Mike Waters, ʼn DA-LP, ʼn spotprent geplaas het wat wys hoe honde in ʼn ry staan om teen ʼn plakkaat van president Jacob Zuma te urineer.
Die spotprent wys hoe honde in ʼn ry sit voor die verkiesingsplakkaat van Zuma met die woorde ‘Voting Day’ en ‘Make your mark’ daarop. Een van die honde lig sy been teen die plakkaat.
eNCA berig Waters het Maandagaand die spotprent op Twitter gelaai, maar gou weer afgehaal toe lesers hom erg gekritiseer het. Hy het gesê die lesers oorreageer op die prent en dat dit net “ʼn grappie” is.
Waters het Dinsdagoggend op Twitter om verskoning gevra indien hy enigiemand beledig het. Hy het net meer as ʼn duisend volgelinge op Twitter.
Maroela Media het verlede week berig dat Eyewitness News (EWN) om verskoning gevra het nadat hy ‘n spotprent genaamd “A Congress of Clowns” gepubliseer het waarin daar na kiesers as “poeph*ls” verwys is. Dit het ook groot opslae gemaak en die ANC het gevolglik gesê hulle is gewalg deur die spotprent.
Lees ook:
ANC gewalg deur ‘poeph*ls’-spotprent
EWN vra om verskoning vir ‘poeph*ls’-spotprent
Ag shame, almal wil die spot dryf met Zuma, daar is selfs ‘n skildery van die spear, siestog. Kry vir jou Zuma, dit is wat mense van jou dink.
Hehe Daai prent is eintlik al oud, maar die prent van Zuma is inge-edit. Nogal oulik en skerp!!!
Respek word verdien . . . . . Ek sal betaal vir n voordeurmatjie . . . . . .
Voor my deur op die sypaadjie le ‘n ANC verkiesingsplakaat wat teen die lamppaal was wat losgekom het en nou los op die sypaadjie le waarteen ek persoonlik al self ge-urineer het sonder om in ‘n ry te staan en as ek my sin kry sal ek nog beter net as te urineer teen hom as dit nog langer daar le en as die geleentheid hom voordoen.
Ai tog, mens moet maar leer om soms vir jouself ook te lag. Dink hoe voel die arme Van der Merwes na al die jare se grappies ten koste van hulself? Hoe meer hul iets daarvan maak hoe meer lag almal vir hulle. Ek is seker Mike Waters het tog nou niks daarby bedoel nie!!
Skandelik ! Hy verneder die honde ! Dieremishandeling ?
Haha Andre. Hou van hoe jy redeneer.
Cowboys don’t cry. If you can’t take the heat in the kitchen, get out.