Hofordonnans in hof oor omkoopgeld vir seks

court-hammer_thumbʼn Adjudant-offisier wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn verhoorafwagtende uit sy sel by die Wynberg-streekshof gelaat het om seks te hê, het Donderdag in die hof verskyn.

Ao. Bongani Ndikho (43) het tydens sy hofverskyning sy regsverteenwoordiger afgedank. Ndikho het saam met die gevangene John Maggot verskyn. Maggot het Ndikho glo omgekoop. Die twee is nog nie gevra om te pleit op die aanklagte van korrupsie teen hulle nie.

Maggot het Ndikho glo R150 gegee sodat hy uit sy sel gelaat kon word om met sy vriendin seks te hê in Maart 2012. Ndikho word ook daarvan beskuldig dat hy in totaal omkoopgeld van R12 000 van Maggot ontvang het om vir hom dwelms in te smokkel.

Volgens die klagstaat het Ndikho en Maggot vir mekaar SMS’e gestuur waarin daar gereël is om dagga in te smokkel. Daar word beweer dat Ndikho op 27 Maart 2012 R12 000 in sy bankrekening inbetaal het.

Die saak is tot 23 Junie uitgestel wanneer Ndikho en Maggot na verwagting sal pleit op die aanklagte teen hulle. Ndikho is vroeër op waarskuwing vrygelaat. Maggot dien tronkstraf uit vir ‘n onverwante saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elizabeth ·

Ja-nee kyk! Korrup en vrot die hele ou sous. Maar is die beskuldigde se naam nie absoluut van pas nie – MAGGOT! :) !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.