Vier vas ná mislukte plaasaanval

Argieffoto

Argieffoto

Vier mense is Sondag in hegtenis geneem na ʼn mislukte plaasaanval in De Tweedespruit in Cullinan buite Pretoria.

Johannes Jafta, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn plaaswerker het omstreeks 07:00 die vee gaan voer toe vier gewapende mans op hom toegesak het. Die mans het die werker na die plaashuis geneem. “Die eienaar van die plaas het deur die venster gekyk en onraad vermoed.”

Volgens Jafta het die plaaseienaar onmiddellik ander boere in die omgewing op die radio geroep. Die gewapende mans het weggehardloop en in die bosse weggekruip.

Die polisie is ontbied. Een van die vermeende aanvallers het op die polisie geskiet maar niemand is beseer nie. Die mans is in hegtenis geneem. “Hulle sal van gewapende roof, poging tot moord en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie aangekla word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Baie bly dat die aanval gefnuik is . Dit is nie vier mans nie maar wel vier voornemende moordenaars en barbare.

Paul ·

Jammer hulle is gevang en nie in swart toeritssakke agter op ‘n bakkie gegooi nie.

Elizabeth Bothma ·

Kan ons hul gesigte sien as bewys wie vermoor vir wie?

Theresa ·

Baie bly hulle kon nie hul plan uitvoer nie. Maar hoekom is hulle vas. Skiet die goed net daar op die plek dood. Dit is wat hulle met julle sou gedoen het sonder om ‘n oog te knip. Oor-môre is hulle terug.

Dion Olwagen ·

Stem volkome saam met Theresa, maak n voorbeeld vir toekomstige misdadigers/lafaards!!!

Cornelius R van Dalen ·

Lid van buurtwag en vowel dat ek deel uit maak van n kommando eenheid wat eie mense Beskerm en beveilig.Doen so voort Mede Afrikaners. Een drag maak mag.oumense in my omgewing is gewillig om die xstra myl te loop om julle te help waar ek kan. Ook n pensioenaris in Oudorp. Sal help as ek kan? Sel no 0726012908!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.