Die impak van die virus op onderwysers

Junette Schoeman (Foto: Verskaf)

Junette Schoeman, ʼn onderwyser aan die Hoërskool Salomon Senekal, skryf:

Het jy al ooit vrees vierkantig in die oë gekyk en vir ‘n oomblik gedink jy gaan die vrees oorwin en nie die vrees vir jou nie?

Maar Covid-19 het ons adresse gekry en nou voel dit of die vrees gewen het – ons is onseker, bang, bekommerd – noem maar op, dit is hoe ons voel.

Dan begin jy dink:

  • Wat van die juffrou wat só graag haar kleinkind wil sien?
  • Wat van die meneer wat net altyd by die skool is?
  • Wat van die meneer met suikersiekte?
  • Wat van die juffrou wat altyd kleur orals wil inbring?
  • Wat van die juffrou langs jou?
  • Wat van die meneer oorkant jou?
  • Wat van die juffrou wat nog na haar pa omsien?
  • Wat van die hoof en sy vrou wat al klaar sulke diep spore getrap het?
  • Wat van die juffrou wat swanger is met haar eerste dogtertjie?
  • Wat van die juffrou wat nog klein kindertjies het?
  • Wat van die juffrou en meneer wat oumas en oupas is?
  • Wat van al die personeel?
  • Wat van?
  • Wat as?

Dan maak ek my oë toe en smeek “Here, wees by elkeen. Ons het U nodig,” want onderwysers kan ook vrees.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elmine ·

Liewe Junette en elke onderwyser, skoolhoof, en elke mens wat iewers werk waar julle voortdurend met mense in aanraking is
Baie dankie dat julle ten spyte van vrese op julle pos bly! En dankie dat jy julle vrese deel. Ons almal het daardie nie lekker nie-vrees in ons harte. Dis so maklik om te sê kinders van die Here moenie bang wees nie, tot iemand na aan jou siek word. Kom ons hou aan bid vir mekaar, en bid dat die Here dié ding wat mense van mekaar vervreem, sal vernietig, want net Hy kan! Dit maak alles dood wat ons nodig het om as mense regtig te LEEF. Aanraking, kuier, glimlag, tasbare by mekaar wees.
Baie liefde en gebede
Elmine
Ns: Bid vir ons ook asb!

Chantel ·

Dis mooi.
Nie een persoon kan uitgesorder word deur nie vrees te he nie. Ons almal het ‘n mate daarvan,
Hoe lank moet ons ons kinders ontneem van hulle sosiale lewe, self ons-sin. Ongelukkig is dit deel van ons menswees.
Ek bid elke aand dat ons gespaar sal word, maar ook besef ek dat nie elkeen met wie ek in aanraking kom, die sanitering van hulself na kom nie.
Ons is almal al oor hierdie en tog volg ons die reëls, want jy wil nie siek word nie. Daar is net te veel mense wie se lewens jy dan ingevaar kan stel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.