Lesersbrief: Gelykheidshof mis sy doel

‘Dink Self’ van Malmesbury skryf: 

Julius Malema. Foto: EFF/Twitter

Net so onaanvaarbaar soos wat dit is om valslik, of as ʼn grap, “Bom!” op ʼn vliegtuig te skree, net so onaanvaarbaar behoort dit te wees om, ongeag die konteks, “Kill the Boer! Kill the Farmer!” in ons misdaadgeteisterde land te dreunsing. As hierdie aaklige kreet in vandag se tye nie haatspraak is nie, is dit die naaste ding aan haatspraak wat ek nog ooit gehoor het.

Regter Malahleli is besonder naïef as hy dink die gemiddelde Suid-Afrikaanse burger sal nooit daardie opruiende woorde letterlik interpreteer nie. Hoekom gebruik die EFF nie verstaanbare woorde, eerder as dubbelsinnige metafore nie? Hoekom het hulle “kill” na “kiss” verander as almal weet hul bedoel nie “kill’ nie?

Dit is verregaande van die regter om te glo dat die sing van hierdie walglike lied by die plaasmoordhofsaak van Brendon Horner, of waar en wanneer anders die EFF ook al wil, hoegenaamd sal bydra tot beter rasseverhoudinge.

As kwesbare minderheidsgroepe nie deur ons Grondwet en die howe teen politici soos Malema se aanhitsende haatspraak, wat blatant geweld teen hul aanhits, beskerm kan word nie, moet mense nie verbaas wees as daardie groepe na binne keer en weer laer begin trek teen hierdie onverbloemde bedreiging nie.

Ons bloeiende land kan nie hierdie verdelende aanstigting van rassehaat bekostig nie. Daarom moet AfriForum ondersteun word in hul dapper poging om ʼn stokkie daarvoor te steek. Mag die appèlhof asseblief tot ons redding kom deur die speelveld vir ons almal gelyk te maak.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Groen Ghoen ·

Inderdaad! Die uitspraak van die agbare regter is skokkend onvanpas. Dit versterk die indruk dat Malema bo die reg verhewe is: Van al sy jarelange vervolgings kom daar dadels: Waarom is dit so?

Ivana ·

Ja kyk, ek wens ek kan daai mannetjie se tande vir hom uithaal, sy mond is al te groot en die meeste van die tyd weet hy nie waarvan hy praat nie en sy volgelinge is n klomp maklik beinvloedbare jonges wat nie eers in die apartheidsera geleef het nie, maar dit verstaan hulle nie. Los die EFF daar gaan dag kom wat hulle mondjies permanent gesnoer gaan word deur die Almagtige Vader nie

Manie ·

Volgens my is die EFF niks anders as die ANC se ontbinde MK onder ‘n ander naam nie.

Fluisterwind ·

Dit is bevestig – nou is ek oortuig die gereg is vol onreg. Suid-Afrikaanse reg is partydig vir die geringe en terk die aansienlike voor!

Barend ·

En nou skree hy ‘n ander deuntjie met Mnr Kenny Kunene se kokkerot. Dubbel stel reëls.

Andrew ·

Mens kan nie met n dwaas reddeneer nie, te veel dwase in die howe in westerse wereld wyd op die oomblik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.