Lesersbrief: Vervallende waterinfrastruktuur ʼn groot kopseer

Isaac Sileku, DA Wes-Kaap woordvoerder oor plaaslike regering skryf:

Theewaterskloofdam (September 2020) (Foto: @Louis96018668/ Twitter)

Die Demokratiese Alliansie (DA) in die Wes-Kaap druk diep kommer uit oor die skokkende waterverliese wat veroorsaak word deur infrastruktuur versaking, reservoir-oorvloeisels en lekkasies uit verspreidingstelsels, wat lei tot ʼn nasionale jaarlikse verspilling van 1,3 miljard kiloliters. Dit kom neer op ʼn daaglikse verlies van 3,6 miljoen kiloliters.

Die dringende situasie vereis onmiddellike aandag wat is waarom die Wes-Kaapse staande komitee oor plaaslike regering die nasionale departement van water en sanitasie uitnooi om die komitee in te lig oor die status van waterverliese in die Wes Kaap.

Hierdie jongste nasionale syfers van 2021 wat deur ʼn parlementêre vraag deur die DA beskikbaar gestel is, onderskat waarskynlik die huidige omvang van waterverliese, gegewe die ernstige impak wat water infrastruktuur die afgelope paar jaar as gevolg van volgehoue hoë vlakke van beurtkrag ondervind het.

Waterinfrastruktuur is jare lank verwaarloos en dit vereis nou ʼn geraamde belegging van amper R90 miljard oor die volgende 10 jaar om water infrastruktuur landswyd op te gradeer.

Skokkend genoeg kan ongeveer 20% van alle waterverliese toegeskryf word aan onwettige aansluitings, meter verskeidenhede en data-oordrag foute. Die koste verbonde aan ongemagtigde aansluitings alleen beloop jaarliks ʼn skokkende R250 miljoen. Hierdie verliese beklemtoon die dringende behoefte aan omvattende maatreëls om onwettige aansluitings te bestry en akkuraatheid in meting en data bestuur te verbeter.

Terwyl die departement van water en sanitasie verantwoordelik is vir verspreidingstelsels, wat pype en krane insluit, werk die Wes-Kaapse regering tans aan ʼn plan om water infrastruktuur in die provinsie te verbeter. Die plan sluit ʼn aantal inisiatiewe in, soos: Belegging in nuwe damme en pyplyne, opgradering van bestaande infrastruktuur, bevordering van water bewaring en die bewusmaking oor die belangrikheid van water hulpbronne.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Witbaard ·

Hoe dan nou DA. Julle is mos al jare aan bewind in die Weskaap. Hoekom nou eers wakker skrik? Dan doen julle ook maar nie julle werk nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Water en sanitasie is die nasionale departement se verantwoordelikheid. Wes Kaap gaan nou self ingryp, maar die ANC regime gaan dit seker stop. Water en sanitasie, polisie, vervoer en heelwat ander funksies kan maklik afgewentel word. Dis die eerste stap tot afstigting.

Martin ·

Moenie bekommerd wees oor die land se water infrastruktuur nie, die ANC kan eerder die belasting betalers se geld beter spandeer deur al die damme nuwe name te gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.