Al weer die falende staat

boer-boere-trekker-plaas-boerdery-landbou

Foto: Spencer Pugh/Unsplash.com

Deur TLU SA

Die nuwe jaar begin om verskeie redes nie baie goed vir die landboubedryf nie. Behalwe steeds voortdurende droogte op sommige plekke, hittegolftoestande en verspoelings op ander plekke, is daar die voortdurende beleidsonsekerheid.

Tydens die afgelope naweek se bekendmaking van die ANC se verkiesingmanifes, het dit weer duidelik geblyk dat boere, saam met ander grondeienaars, steeds geteiken word vir hul grond, wat verkieslik gesteel moet word, want die regering wil geen vergoeding daarvoor betaal nie.

’n Ander gebeurtenis het egter die landboubedryf hard geslaan, en dit is die uitbreek van bek- en klouseer in van die tradisionele gebiede in die land se noordelikste provinsie.

Georganiseerde landbou en ander rolspelers het reeds lank gewaarsku dat so iets kan gebeur, met rampspoedige gevolge vir die bedryf. Die regering het ’n dowe oor gegooi en nie na raad geluister nie, en geen deeglike beheermaatreëls ingestel nie. Nou het die siekte weer uitgebreek, en onmiddellik het die hele land, as gevolg van ’n groepie veehouers in ’n klein gebied, sy status as bek- en klouseervrye land verloor.

Die effek daarvan is dat uitvoerders van vleis, velle en genetika, met groot probleme sit, en volgens TLU SA (voorheen bekendgestaan as die Transvaalse landbou-unie van Suid-Afrika) ly van dié boere onmiddellike skade van meer as etlike miljoene rand. Van die produkte wat reeds verskeep is en onderweg is na hul bestemmings, moet omdraai en terugkom. Wie betaal daardie rekening? Wat word nou van daardie produkte?

Weer eens het die staat gefaal om ’n belangrike deel van sy bevolking en ekonomie, naamlik die landboubedryf, op te pas, en nou word die prys daarvoor betaal.

Intussen is daar opportunistiese hoop dat hierdie gebeure binnelandse vleispryse dalk kan afbring. Inderdaad sal die boer minder vir sy produk kry, want hy is ’n prysnemer. Gaan die middelman daardie voordeel aan die verbruiker deurgee?

Waar die landboubedryf die afgelope jare telkens die ekonomiese redder was deur die land uit die sogenaamde tegniese resessies te kry, is dit nou ’n ope vraag wat hierdie gebeure op die ekonomie oor ’n lang tydperk gaan hê. Seer sekerlik sal ook die internasionale graderingsmaatskappye hiervan kennis neem, en daar kan verwag word dat hierdie gebeure hulle beslis nie gaan motiveer om Suid-Afrika se reeds ellendige kredietstatus opwaarts aan te pas nie. Inteendeel!

Aan die ander kant kondig die ANC verder aan dat hy sy korrupte kloue ook op die land se pensioenfondse wil lê – iets wat reeds voorspel was voor die NP se oorgawe aan die ANC in 1994, wat toe as bangmaakpraatjies afgelag is. Hulle sal ook daardie bates plunder en die bestuur daarvan ’n gemors maak, net soos die voorgenome nasionale gesondheidsplan, en soos hul hantering van die onderwys wat jaarliks verswak ter wille van politieke agendas.

TLU SA het aangedui dat hy stappe teen die regering oorweeg en die moontlikheid van ’n klasaksie ondersoek waardeur boere dalk skadevergoeding kan eis. Dit is egter ’n lang en ook ’n duur proses, en is uiteindelik net die toeplak van die krake in die mure van ’n huis waarvan die fondament tans so vrot is, dat dit nie staande kan bly nie. Nuwe denke is nodig om vir onsself oorlewing, vry van onderdrukking en inmenging, te verseker.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

OWO ·

Die onderhoud gistermiddag met Nick Serfontein,van Cernic Boerdery was baie insiggewend betreffende grondonteiening en ander knelpunte in die landbou gewees.Ek hoop die insig word deur al die rolspelers erken en gebruik.

John ·

… nuwe drome, nee. Stedelinge verwag nie goedkoper vleis nie… Eerder duurder na die jongste krisis. Nuwe denke oor geen inmenging sonder onderdrukking? Is dit die boere wat na Mars gaan reis wat sulke ideale koester? Vat sommer al die gm-saad saam wat so vir die diere gevoer word en soek die eerste diep skeur en ‘dump’.

Jerry ·

Innoverende denke soos die van Nick Serfontein is die doepa wat nodig is tesame met n 180 grade omkeer deur die ANC. Eersgenoemde gebeur reeds terwyl tweede genoemde slegs deur n wonderwerk tot stand gebring sal kan word. Die beste innoverende denke tot nog toe, vry van inmenging en onderdrukking, bly maar om te emigreer en van nuuts af te begin! Nuwe denke en om innoverend te wees benodig n volk wat staan in eenheid om daarby in te koop ten einde dit enduit te kan vat en dit te maak werk “you can kill the man, but not the idea”! Vir enige volk, maar spesifiek nou vir die Afrikaner, is dit dus krities om eenheid te bewerkstellig!

Swanna ·

Ja, Siener van Rensburg het gesê dat dit gaan gebeur en dit gaan gebeur dat die ANC die pensioen fons gaan leeg suug. Wie gaan hulle keer?

JAN ·

Die laaste stabiele suksesvolle staat vir almal was Verwoerd syne.
Dit het 50 jaar se korrupte propaganda gevat om die inherente stabiliteit van veelvolkige federale selfbeskikking af te breek.
Hoekom word dit nie meer as oplossing gesien nie maar as probleem. ??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.