Bly of gly?

tasse-tonnel

Foto: Mantas Hesthaven/Unsplash.com

Erik Coetzee van Bloemfontein skryf:

Ek besef hierdie onderwerp is al baie gedebatteer en dat almal hul eie opinies het, maar hier is my storie.

As ’n professionele man van in my dertigs, getroud met ’n professionele vrou en twee jong seuntjies, gaan nie ’n dag verby wat ek nie dink aan emigrasie nie. Ek glo ons is in staat om te emigreer, maar om een of ander rede het ek nie vrede daaroor nie. Tog bly dit by my spook. Inteendeel, die gedagte put my uit!

Ons lewe ’n goeie, bo gemiddelde lewe. Ons albei het goeie werke, en daar is ’n tekort aan ons beroepe, so ons leef nie in vrees vir afleggings nie. Ons beleef ook nie dikwels rassisme nie. Ons kinders is gelukkig in hul skole en die meeste van ons familie bly binne ’n radius van 10 km van ons af. Ons was ook nog nie slagoffers van ernstige misdaad nie en leef in ’n redelike veilige omgewing waar kinders wel nog fietsry in die strate. Ons geniet ook meestal die diversiteit van Suid-Afrika se mense.

Aan die ander kant is ons duidelik bewus van misdaad. Word yskoud wakker snags as ons ’n geluid in die huis hoor. Ons is bekommerd oor ons twee seuntjies se toekoms in hierdie land, alhoewel ons vertroue in die Here bly. Hulle sal seker moet gaan studeer by ’n universiteit wat met doringdraad omhein is soos reeds die geval by Kovsies. Ek weet ook dat indien hulle sou wou, hulle dan eendag kan emigreer. Ek kan ook sien hoe alles agteruit gaan om my en was al oorsee en kan dit vergelyk.

Ek is bang ons beleef ’n ‘leë’ en doellose gevoel as ek emigreer sonder my mense, maar in ’n land waar alles werk. Hier voel my hart vol en gelukkig en is ek amper bereid om saam met die onsekerheid en misdaad te leef – al klink dit vreemd. Die hele wêreld voel vir my deurmekaar en navorsing toon dat emigrante in Aus en NS se nasate ’n goeie kans het om nie meer Christene te wees nie. Wat help dit dan hul is veilig, maar nie gered nie?

Dis moeilike besluite, maar vir nou, en my emigrasie tyd hardloop uit, bly ek eers in Suid-Afrika. Dalk is ek blind en ’n volstruis, maar ek het nog bietjie hoop! Vir nou …

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

My Pa sou jou gevra het “Wie probeer jy oortuig? Wel, dit werk…”

Ouvrou ·

Ek wou altyd gly, maar manlief wou bly. Terwille van sy bejaarde vader. Die ou man wat net homself lief gehad het. Die is intussen oorlede en hier is ons steeds. Ek weet my kinders sal dadelik die land verlaat, die eerste geleentheid wat hulle kry. Nou is my man die bejaarde vader, maar ek weet die kinders sal gaan. Inteendeel, ek moedig hulle aan. Ja, spyt kom te laat vir mense soos ek en manlief.

Lize Freislich ·

My broer en sy familie het jare terug geëmigreer. Albei sy kinders is nou ateïste. Hy het vir 5 jaar sonder salaris verhoging gewerk voordat hy ‘n ander werk gekry het.
Ek en my 2 dogters is gelukkig in Suid Afrika. Ons lewer hier ‘n bydrae. Ek is in die posisie dat ek kan emigreer, maar ek wil nie.

Anoniem ·

Presies my hart verwoord……Durf nie gaan as ons nie vrede het dat dit God se wil is nie…..maak nie saak wat sê wie nie! Ken baie mense in ander lande….verlange na jou se mense EN ons klimaat is iets waaroor hulle nie graag “spog” nie.

Tobie Klarens ·

As jy dink dat dit God se wil is dat jy moet bly, dan het jou voorouers nooit pad gegee uit Europa nie. En vra maar vir die mense wat ook so gedink het in Kenia, Tanzanie, Malawi, Zambie, Zimbabwe, Angola, Mosambiek— Hulle sit egter almal nou in die VK, Australie, NZ, Kanada, VSA—

ZAR ·

Ek dink jy is verkeerd Tobie.
Ek het self gesien hoe God vir mense deure oopmaak om in ander lande te gaan bly en vir ander die deure sluit. Sy plan bly die beste plan. So glo ons en sal altyd so glo.
Ek wonder, nes die skrywer, baie oor emigreer, maar God het nog geen woord daaroor gerep nie en dus is dit nie sy plan vir my en my familie op die oomblik nie. Miskien is dit in die toekoms, miskien nie. Ons volg Hom so goed ons kan. Dis dalk ook hoekom nie alle Christene uit Frankryk pad gegee het nie.

Salamander ·

Moenie wag nie! As jy jou oë uitvee, is jy 45! Dan raak jou kanse al minder en kort voor lank is jy oor die 50 en dan is daar bykans geen kans meer nie!

Gerhard ·

Daar is baie sulkes, wag en wag en dan eendag is dit te laat. Mense moet ook verstaan dit word al moeiliker om te emigreer. Jy kan nie verseker se jou kinders sal eendag kan emigreer nie. Kwotas by universiteite kan keer dat hulle ‘n graad kry wat kwalifiseer. Kwotas by werkgewers kan keer dat hulle die ondervinding kry wat nodig is om te emigreer. Taalvaardigheid vereistes word al moeiliker en moeiliker. Moet eerder nie wag en jammer wees nie.

Christo ·

My een dogter is al n Nederlandse burger en was nog nooit spyt dat sy weg is uit suid afrika nie Was 2 maande gelede weer hier(kom elke jaar vir haar ouers met haar gesin kuier) haar kommentaar was dat sy bly is dat sy nie haar 2 kaaskoppies hier hoef groot te maak nie
My seun is al 10 jaar in N Z hy was ook nog nooit spyt dat hy weg is nie ‘Sy 4 dogters is veilig en 2 is al op universiteit met ongelooflike staats ondersteuning
Op my vraag 5 maande gelede of nie wil terug kom nie was sy antwoord hy eerder 20 jaar gelede al moes getrek het
My raad as n ouer wat weet waarvan hy praat is As jy kan emigreer doen dit nou en sorg dat jou kinders veilig is en n toekoms het

my een

Nouja ·

Stem met daardie punt saam Salamander. Kan ook byvoeg dat daar nooit ‘n ideale, perfekte tydstip sal aanbreek om te gly nie. Jy sal altyd iets moet prysgee, afskryf of oënskynlik irrasioneel moet optree wanneer dit by emigrasie kom. Tik tok tik tok stap die tyd aan.

AV ·

“Where The Heart Is”

Maybe other streets are wider
Than these narrow streets I know
Still you’ll find here, ties that bind here
Where the heart is

Maybe other lights are brighter
Than these streetlights row by row
All I know is, this is home it’s, where the heart is

Maybe other grass is greener
And what if it is?
I belong here, right or wrong here’s
Where the heart is

Maybe other grass is greener
And what if it is?
Well get by here, laugh and cry here
Where the heart is
We’ll thrive here, it’s alive here’s
Where the heart is
-Prefab Sprout.

Linette Sauer ·

You could not say it better. Perhaps my children will go… But I will never be able to fit in with another culture.

My opinie ·

Geagte Erik – My situasie lyk baie soos joune. Waar ek vrede in my hart gekry het is dat of 1) ek groet my dogter op die lughawe as sy 18 word sodat sy ‘n lewe kan lewe waar sy nie gehaat voel in haar eie land nie en kan studeer wat sy wil; en sodat sy ‘n veiliger toekoms kan hê vir haar en haar familie; of 2) ons emigreer nou en ek kan saam met haar haar toekoms kan beleef en nou al verseker dat sy beter vooruitsigte het.

Moenie wag tot jy of jou familie sit in ‘n situasie waar jy spyt is oor jou besluit om te bly nie. Jy kan altyd terugkom, maar daar gaan ‘n tyd wees (binnekort!) waar jy nie meer sal kan gaan nie.

Jy sê jy is bang vir ‘n leë doellose gevoel as jy emigreer sonder jou mense – en ek stem, dit mag so wees. Maar, in 2016 se Oz sensus was daar alreeds 178 800 Suid-Afrikaners in Australia. Jy sal gemaklik by ‘n Afrikaanse gemeenskap kan in skakel, asook Afrikaanse kerke. Die Voortrekkers met die Groot Trek was ook maar skrikkerig en onseker glo ek, maar dit vat opoffering, gebed en geloof om te trek, meer as om te bly en hoop vir die beste (so glo ek).

Probeer ek jou oortuig om te emigreer? Nee, ek probeer jou insig gee in die gemaal en denkwyse in my kop in ‘n situasie baie soos joune.

Die Parkiebank ·

…wat maak ons nog hier?
hierdie plek is nie ons s’n nie
huis is waar jou mense is
my mense het nie tuisland nie
wat maak ons nog hier?
hierdie plek is nie ons s’n nie

miskien dink jy by jouself
ek is ’n produk
ek is ’n bemarkingsveldtog
ek is ’n kommoditeit
dis nie hoe ek my kinders wil grootmaak nie
die middelklas is ’n buffer
en ons moet hier uit
honger mense bly nie lank honger nie

die malles het beheer van die malhuis geneem
en hulle kom al hoe nader aan die kluis
in die donker is die blinde een koning
maghonger koning maak
maghonger volgelinge
en koning bly nie lank op sy troon nie

F-ofPolisiekar.

B-man ·

Daar’s nog mense wat wag
in die bosse buite jou huis
in die nag…

Reinhardt ·

Afrika. Afrikaans. Afrikaner.
Hier het ek ontstaan en hier sal ek vergaan…

F-Polisiekar.

Josef ·

Kry burgerskap in ‘n veilige land terwyl jy jonk genoeg is om dit reg te kan kry. Jy kan daarna terugkeer na SA as jy wil.

Calamarie ·

Ek het der gevolg op mu besluit en is nou in NS. Ek moes familie, 4 honde en 2 katte opgee vit n toekoms vir my 4 en 9 jarige kinders. Dis vir wie ons dit doen. Jy weet beslis wat die antwoord is, dis net m kwessie van jou guts by mekaar skraap en dit doen. Voor jy jou oe uitvee maak deure toe in lande soos NS en Oz dan gaan dit moeiliker word. Sterkte.

Nakkie ·

Dis ons almal se dilemma. My kinders word in n vreemde land groot, en ons probeer die waardes te leef waarvoor ons staan. Ons is soos sendelinge op n manier. Hier waar ons woon is volop kerke. En my God is ook hier. My keuse om te gaan was vir my kinders se veiligheid en toekoms, en ek vat my God saam. Maar Hy het my gestuur. Dalk is jou sendingveld in Bloemfontein.

Veritas ·

Ek is nog nie eers halfpad banggepraat vir dit wat kwansuis vir ons voorlê nie. Is almal, wat emigrasie voorstaan en verkondig, in enige veldslag verslaan of is hy maar net bloot papbroekig. Diegene wat nou al wil vlug, van ‘n oorlog wat dalk eendag kan uitbreek, is niks anders as lafaards nie. Watter tipe mens gee sy land prys en gaan lewe in die vreemde wanneer hy nog nie die wapen opgeneem het nie? Dit is eienskappe van ‘n lafaard, waarvan daar skynbaar baie in Afrikanergeledere is. Hier sal ek bly en veg totdat ek nie meer kan nie. Mag my kleinkinders nooit eendag skaam wees oor die optrede van hul oupa nie. Hier sal ek bly en veg vir dít waarvoor my voorouers met bloed betaal het.

Frans C ·

Beste Veritas
En teen wie wil jy die wapen opneem?Ons almal slagoffers van ‘n regering wat almal bang gepraat het met burgeroorlog ens.
Die feit is egter dat meer mense (alle kleure) vermoor is ander ANC-regering as wat waarskynlik in ‘n burgeroorlog sou gesterf het.Baie van ons het nie 10 jaar en langer in die ou SAW gedien ,ten koste van loopbaanbevorderinge ens, om die land in die huidige
gemors wat dit tans is,te dompel nie.
Die klakkelose oorgawe het veral die Afrikaner vir ‘n krisis geplaas wat net deur samewerking onder eie mense oorbrug kan word.Aftakel en slegsê bring niks in die saak nie.
Dit is meer as ooit te vore nodig om mekaar se hoeders te word en te organiseer in eie
omgewing en nasionaal.

Reinhardt ·

In daardie geval is my voorvaders ook lafaards. Hulle het immers uit Frankryk gevlug. Jou argument is pateties.

dupreez ·

Ons het die besluit geneem in 2011, ek was 42 en my man 47. Dit is nie maklik om jou familie, vriende en die bekende te verlaat nie. My kinders was beide in die hoërskool gr 8 en 11 en dit het ons besluit baie moeilik gemaak. Ons het deurgedruk en alby het skool en universiteit voltooi in Australië. Suid Afrika is een van die mooiste lande in die wereld en daar gaan nie ‘n dag verby wat ons nie verlang nie. Ek sal nooit vergeet van waar ek gekom het nie, en as die omstandighede anders was in Suid Afrika sou ek nooit daaraan gedink het om te emigreer maar my kinders se veiligheid en toekoms het eerste gekom. My hart trek nog ‘n punt SA toe maar ek weet my kinders is veilig en ek hoef nie bekommerd te wees as my dogter alleen na tien in die aand van haar werksplek ry nie.

Ben Opperman ·

Hoekom wag vir daardie een onbewaakte oomblik wat jou en jou familie se lewens onteenseglik gaan verander?

DC ·

Onthou net daardie een onbewaakte oomblik kan jou enige plek oorkom. As dit jou tyd is is dit jou tyd, maak nie saak of jy op die maan bly nie.

Susan ·

DC, dis soos om elke dag KFC te eet en te dink jy gaan gesond oud word, as jy soek vir moeilikheid gaan jy dit kry. Die Here het ons ook n gesonde verstand gegee om te besluit en te redineer, net so kan ek sê, ons kan beplan en God sal bepaal en Hy laat alles te goede uitwerk vir die wat in Hom glo/Hom liefhet. So maak jou planne en trek, want God stap saam met jou, en as dit nie Sy wil is nie, sal Hh jou bring waar Hy jou wil hê. Deure sal toe slaan en jy sal maar moet bly, maar punt is. Die mens is geskape met keuses en verstand, stap in n oorlogsveld in of voor n kar in en jou dae is getel, net so om te bly in SA.

Stean van der Linde ·

Hier sal ek bly ons mense het geveg vir hierdie land patriot

Marga ·

Ek sal bly staan en veg vir die mooie land van ons….om te immigreer is nie altyd die regte besluit om te maak nie want jys rerig eintlik nooit gelukkig wanneer jy kans sien om op te pak en trek uit gedwonge gevoelens nie.

So swaar wat dit gaan raak so mooi gaan dit ook weer raak.

Dan trek almal wat gevlug het uit die land om nie geweld in die oe te kyk nie, weer terug en maak asof hulle lief is vir die land en sy mense …. ya right … wanneer jy die land wil verlaat, verlaat dit dan vir altyd.!!! Heel duidelik jyt in elk geval nie afrikander bloed in jou are gehad in die eerste plek nie.

Vir jou Suid Afrika

Wanneer ·

Marga, met wie praat jy? Wie het nie Afrikaner bloed nie? En wanneer het, dit al OOIT goed gegaan in hierdie land? Tydens die boere oorlog? Tydens apartheid? In die ‘nuwe’ Suid-Afrika? Wonder net – jou punt maak nie vir my mooi sin nie.

Marga ·

Wanneer ,,, ek praat met die van ons Afrikaners wat land wil verlaat…elke land het sy eie voor en nadele en nie een land gaan dit beter as die ander maar waar jy is moet jy die beste maak en as jy nie kan nie, saamstaam!!

Leon ·

Ek lees hierdie berig en kommentare en ek self sit met hierdie gedagte.
Kan ek die land verlaat? Nee, op my ouderdom moet ek eenvoudig vasbyt!
My hart is drie jaar gelede geskeur toe ek my skoonseun, my dogter en hul drie kinders op die lughawe moes groet, dat hulle ‘n nuwe lewe in Aus. kan begin. My hart het geskeur toe ek en my vrou vir hulle gaan kuier, en ons op op die vliegtuig klim terug terug na hierdie verwoeste vaderland van my. Maar ek kon weet dat my kinders veilig is in ‘n beskaafde land, met al hul probleme!
Verlede week, en vir die volgende maande, herhaal dit alles weer, want my seun, die laaste kind, kondig aan hy gaan NZ toe, want hy kan nie sien hoe ons land kan verander nie.
Kan ons gaan – Nee – om duisende redes kan ons nie. Ons kan net bid, glo en vertrou dat dit sal verander. Ja, ons is wakker en bewus, maar waarheen moet ons vlug. Jare gelde toe ons kon, wou ons nie, want ons kinders was jonk. Selfs Namibië, my vrou se geliefde land, is nie meer ‘n opsie nie.
So, as jy jou kinders, jou vrou en jouself wil red, gee pad terwyl jy kan, jy is in my oogpunt nie ‘n lafaard nie!

Thys ·

Beste Leon, jou storie maak my baie hartseer maar tog so trots en opgewonde. Dit vat ‘n ongelooflike persoon om so onbaatsigtig oor die situasie te dink. Die feit dat jy jou eie gevoelens op sy kan skuif en weet dat deur jou “blessing” aan jou kinders te gee, jy vir hulle help om daar ander kant te vestig en ‘n beter lewe te gee, spreuk boekdele van hoe goeie ouer jy is.

Aus het wel ‘n Visa vir ouers waarvan ten minste 50% van hul kinders in Australia permanent woon- so jul sal verseker kan kwalifiseer daarvoor. Kyk of jy kan plan maak!

Baie sterkte!

Lize Freislich ·

Die gras is nie altyd groener in Nieu Zeeland nie. Kyk na die volgende koerant berigte: https://www.economist.com/the-economist-explains/2018/02/14/why-new-zealand-has-so-many-gang-members.
National rates of suicide in young people should be treated with caution as there are reasons why many countries may under-report. New Zealand’s youth suicide mortality rate in 2010 was 15.6 per 100,000 adolescents aged 15 to 19 years – the highest among reported OECD rates1.Jul 26, 2017
Youth Suicide in New Zealand: a Discussion Paper* 26 July 2017
http://www.pmcsa.org.nz › wp-content › uploads

MTSteyn ·

Ek begryp nie wat ‘n land met jou nageslag se Geestelike verlossing uit te waai het nie. In die ‘heilige’ Israel van ouds, met Jesus in hulle midde, was die meeste van daardie Jode ongered, en het dit met hulle verwerping van Hom getoon. En wat van die geredde Lot in die bose Sodom?

Moet jy bly of moet jy gly? Hou op om hierdie vraag aan mense te stel; vra God opreg vir leiding, en Hy sal dit op Sy tyd gee. Mense kan slegs menslik oordeel ofbesluit, en jy het meer as dit nodig.

Ek vind dit altyd vreemd dat dit (my ondervinding) net Blanke Suid-Afrikaners is wat so oor hierdie onderwerp debatteer en mekaar sleg se. Nerens op aarde word sulke tipe gesprekke gevoer nie, en gun mense mekaar geleenthede vir verdere groei en ontwikkeling.

Jy is nie beter of slegter as enige ander een wat bly of gaan nie! Jou plek waar jou wortels le maak jou nie meer of minder belangrik, meer patrioties of minder patrioties nie. Jy is ook maar net ‘n mens met beperkte tyd op aarde.

Amelita ·

Dit is 1 van n baie moeilike besluit. My 1,dogter 3 jr terug Australia toe met 2 pragtige kleinkinders. Ek my hart uit gehuil N week terug my ander dogter met hasr 2 kleinkinders Australia toe. Wel nou het ek nie meer n hart hy uitgeruk en by my kinders daar. Maar die Vader het n plan my man het n werk gekry al is dit net vir 4jr. Nog net die engelse toets wat voorle.
Maar as ons gaan kry ek my hart terug maar gaan hom weer los hier in SA by my sus, my mense, my land.
Ek glo nie dat jy n uitweg gaan he wat jou nie in 2 gaan skeur.

Andrea ·

As jy kan gaan moet jy gaan. Vat jou moed in jou hande en begin die proses.

Jerry ·

Om eers te moet wik en weeg of jy moet bly en of jy moet gly. Regtig! Dan moet jy en jou gesinnetjie maar eerder bly!

B ·

Daar is nie ‘n reg of verkeerd nie, die Lewe se ‘Groot Prentjie’ is groter as die alledaagse beuselagtigheid. (En kommentaar ;) )

Gaan as julle wil gaan, kom terug as julle wil, wees dapper, wees vry – jy is kaptein van jou skip :)

Ronnie ·

Ek het begrip vir jou dilemma. Maar ek dink aan die waar woorde van Daleen Mathee, lang jare gelede al: “Afrika wil nie meer haar wit kinders hê nie.”
Ons moes ook afskeid neem van kinders en dit is nie so maklik nie. Maar ek gun hulle die geleentheid om hopenlik ‘n beter toekoms vir hulleself en hulle kinders te skep.

Gemaskerde Sopbeen ·

In 1992 wou niemand “veg vir hierdie mooie land nie” en het julle hom weggegee….Nou skielik wil almal weer geloftes opwarm, bid-dae hou en “veg vir hierdie mooie land”? As jy nie weet waarheen jy oppad is nie, sal enige roete jou daarheen neem……

kolla ·

Ek het al in Engeland, Kanada en Aus gewerk en gebly. Al wat ek wil sê, is “there is no place like home”. SA is ‘n wonderlike land, met sy probleme en al.

John ·

Wat so interessant is, is dat die Joodse Raad ‘n eiertjie te le het. Na soveel omswerwinge en erge lyding het hulle nou weer hul vaderland… maar dink jy hulle wil terug. En dan is Christen-Jode weer nie welkom in Israel nie al stam jy ook van koning Dawid homselwers af. Kyk hoeveel miljoene mense swerf nou rond en klouters in en oor gevaarlike dinge om elders te kom. En hier sit ons klompie Afrikaners en wonder of as ons ditto ons dan ons lewenslot sal kan troef.

dejager ·

Erik ek het ook lank terug met hierdie vraag geworstel.Om by die antwoord uit te kom moet jy eers ń groter vraag vra:
Wat is die doel van my lewe?
As jy hierdie vraag geantwoord het sal jy reeds die antwoord hê vir die bly of gly vraag.

Luhan ·

Stem saam met dejager – baie goeie advies.

Dankie vir die artikel Erik: Ons bly – hier geplant om ‘n verskil te maak, buig of bars.

Susan ·

Ons bly al 20 in NZ, en ek kan jou verseker n land maak nie dat jy n Christen gaan wees of nie. Ons leef baie naby aan ons Verlosser juis omdat ons ver van ons ondersteuningstruktuur e g familie is. Mens se waardes verander baie en jy vind weer geluk en vrede in die eenvoudige. Hier hoef jy nie n Duitse kar te ry of in sekere voorstad te bly nie, maar hier kan ons Sondae in n kerk sit waar baie mense sit wat nie so gelukkig was om in n Christen huis groot te word nie maar later in hulle lewe die Here gevind het…glo my ek beny hulle want hulle is n voorbeeld van werklike Christenskap. Hier vat ek my hond en gaan stap 9 uur in die aand of ek gaan koop kruideniers laat in fie aand. My kleinkinders klim op n publieke bus skooltoe en ek is nooit bekommerd nie. My man en ek het goeie beroepe wat ons geniet al werk ons hard maar met dankbaarheid dat ons ons kinders na n land gebring waar hulle n toekoms het. Dit was nie n maklike besluit destyds nie maar die beste een ooit wat ons in geloof geneem het.

Hercules ·

Ja dis n moeilke onderwerp vol emosies. Ek is n finansiele adviseur al vir die laaste 25jaar en hanteer verskeie kliente se portefeuljes wat emigreer het.

Aftrede is vir meeste van die baan, Randjies koop nie baie in Ausie of Engeland nie. Die pensioentjies wat hulle hier opgebou het is min werd oorsee.

Meeste kla dat verblyf en lewenskoste peperduur is, veral Engeland en Europa, hulle kla oor die weer, beknopde verblyf min vryhede min vleis, geen huishulpe ens. Ens.

Van my kliente het ook druipstert terug gekom met niks geld nie. Hulle kon net nie aanpas in die buiteland nie, Kanada was te koud , kultuur te vreemd. Jy was altyd gesien as indringer, by bevordering is jy altyd laaste, cheap labour want jy is mos verlee oor jou eerk.

Kliente in Dubai kla oor die wyse waarmee nie -Moslems hanteer word, baie min menswaardigheid en ‘human rights’ . Jy moet ‘perform ‘ harder as jou kollega anders is jy uit.

Meeste van emigrante werk om fondse op te bou om eendag hier te kom aftree, Eish?

Daar is nie maklike antwoord op die vraag nie, ek het ook as jonger mens dit oorweeg, was al heelwat oorsee in verskeie lande. het deur al die argumente gewerk maar moet erken, met al ons probleme en ons het baie, is Sa nog steeds my land.

As Christen glo ek werklik dat die Here nie by al die gebede wat opgaan daagliks vir die redfing van SA, sal verbygaan nie.

Gys ·

Ek moes al noodgedwonge “Oestralië” en Kanada toe gaan vir werk (genadiglik net vir ‘n paar weke op ‘n keer). Die beste deel van daai lande is die SAL vlug terug Cowboyland toe.

rassie ·

Emmigreer is goed.

Veral vir die kinders.

Kyk byvoorbeeld net hoe goed het die emigramtekind HF Verwoerd in ‘n ander land gedoen

Ek voel jou pyn ·

Soos baie ander het ek ook baie empatie met jou dilemma. Ek dink byna niemand wil eintlik gaan nie, dis meer ‘n gevoel van moet, veral ter wille van mens se kinders. Maar dan weer die grootouers wat agterbly…

Daar is ‘n paar maal by my huis ingebreek en ons sit dikwels sonder water of elektrisiteit en dan kan ek ook seker kla oor die gewone goed waaroor ons almal kla. Maar wat my deesdae die meeste onder kry is die gevoel wat geskep word dat sekere mense nie meer welkom is in SA nie. Ek sit bv. onlangs in by onderhoude… en dan begin ek wonder hoe my kinders eendag sal kan werk kry. Of kyk nou maar na Discovery… En orals word ons geskiedenis stadig maar seker uitgewis, terwyl daar standbeelde van Castro opgerig word?! Politieke leiers seg die vreeslikste goed en kom niks oor nie?! Dit kom vir my voor die regering wil nie he ek moet soos ‘n Suid-Afrikaner voel nie.

Ek wil graag ‘n Suid-Afrikaner wees, maar die vorms, die wette, die uitsprake, die besluite op kampusse en by die Discoveries en hul maats seg ek is net wit. Ek kan nie sien hoe dinge in die volgende 50 jaar gaan verbeter nie.

Daar het ek my nou self oortuig (tot volgende week.)
So, ken iemand ‘n betroubare emigrasie agentskap?

Anna ·

Ek woon self oorsee. As dit nie God se Wil was nie, sou ons nie verhuis het nie. Ons het vir al ons vriende geadviseer om Plan B op die tafel te sit, wat beteken: Doen aansoek om te emigreer. Jy hoef dit nooit op te neem nie, MAAR ten minste het jy n opsie wanneer dit vir jou nodig raak….bly of gly. As jy NIE aansoek doen nie, en jy is oor 45 jaar oud, het jy ongelukkig, in meeste gevalle, jou kanse verbrou….en dan kom spyt altyd te laat. Sterkte!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.