Die relevansie van Afrikaanse kunste

Tree Aan! - Deon Opperman se musiekspel - keer, vanweë gewildheid, op 8 Oktober terug.

Is gewilde kuns goedkoop? Of is gewilde kuns juis duursaam? Is hoë winsgendheid van ‘n kunsskepping ‘n teken van die kunstenaar se opportunisme, of van sy waarde om te verwoord en miskien te rig? Is die aanklank wat populêre kuns by gehore vind ‘n weerspieëling van dié skeppings (en gehore?) se vlakheid of diepte?

Die relevansie van Afrikaanse kunste was een van die aspekte wat ter sprake gekom het in Maroela Media se onlangse openingsdebat oor Protesmusiek: Sinvolle uitlaatklep of galmende simbaal, op 29 Julie*.

Deon Opperman, wat aan die openingsdebat deelgeneem het, delf volgende week dieper na die relevansie van Afrikaanse kunste. Hier volg ‘n uittreksel – kom Maandag-oggend 08:00 terug vir die res!

Ek wil graag in hierdie, my eerste bydrae tot Dié Groot Debat, ʼn paar gedagtes deel waaroor ek baie peins en tob. Ek formuleer dit in drie vrae:

1)    Hoekom lok sekere teaterstukke groot gehore en ander nie?
2)    Hoekom oorleef sekere teaterwerke die tyd waarin hulle geskep is en ander nie?
3)    Wat beteken dit om in Afrika, Afrikaner te wees?

*Die ander deelnemers was televisie- en radio-aanbieder Johan Botha (gespreksleier), sanger Steve Hofmeyr, protesmusiekkenner Burgert Senekal en Klopjag-sanger Salmon de Jager.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Piet le Roux

Meer oor die skrywer: Piet le Roux

Piet le Roux is die uitvoerende hoof en direkteur van die sakeregte-organisasie Sakeliga.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae