Die DA hensop weer vir die ANC

frans-cronje-irr

Dr. Frans Cronje van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge. Foto: Instituut van Rasseverhoudinge/Youtube.com

Deur dr. Frans Cronje

Die Demokratiese Alliansie (DA) se Federale Raad het onlangs bepaal dat enige debat oor bemagtiging gestaak moet word, met die keuse om eerder die ANC se rasse-ideologie en verwante model van breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging (BGSEB) te aanvaar, en die mantra dat “ras ’n volmag vir benadeling is” as ’n regverdiging vir sy posisie aan te bied.  Dit was die besluit van ’n party wat die saak intellektueel en moreel gewonne gegee het teenoor die ANC se groot hegemoniese houvas oor Suid-Afrikaanse beleid.

Oorweeg gerus die volgende punte:

In die eerste plek is ras nie ’n volmag vir benadeling nie, soos die DA die eerste is om te erken.  Daar is baie, veral onder die ryk ANC-elite,  wat BGSEB in al sy vorms vir hul eie doeleindes misbruik het, wat nie benadeel is nie en nie staatshulp nodig het om kapitaal op te bou nie. Dieselfde geld in ’n al groter mate vir ’n ontluikende swart middelklas. Daar is baie bewyse daarvan en dit is statisties onomstrede. Selfs indien ras ’n volmag vir benadeling was, is die enigste rede waarom benadeling nie gebruik moet word nie, ’n openbare begeerte om aan ras toe te gee. Dit is waarskynlik die naakte waarheid van die DA se huidige posisie.

In die tweede plek is daar nou niks wat die DA oor hierdie spesifieke saak van die ANC onderskei nie, ’n tendens wat hierdie besondere beleid verdring en oor ’n groot verskeidenheid fronte goed gevestig geraak het. Die DA Federale Raad het ten opsigte van BGSEB in werklikheid die ANC se model van bemagtiging op groot skaal aanvaar – wat ’n mislukte model is, nie net weens die politieke misbruik daarvan nie, maar omdat dit ekonomiese groei vernietig, nie besigheid op ’n effektiewe wyse daaraan kan bind nie, en nie benadeling behoorlik kan hanteer nie. Die enigste verskil is skynbaar die DA se oogmerk en toepassing. Die DA se argument is dat hy die ANC se model beter, meer regverdig en sonder vooroordeel kan implementeer. Maar wat die model self betref, is dit die ANC s’n, tot in die fynste besonderhede.

Wat die DA sê, is dat hy ’n beter ANC kan wees as die ANC self. Onder Mmusi Maimane het die DA opgehou om ’n denkleier te wees;  hy is nou ’n denkenavolger.

In die derde plek is die feit dat die DA gedwing is om dit te doen die gevolg van twee goed. Eerstens, die toenemend teenintellektuele aard van die partyleierskap – naweekverslae berig dat Mmusi Maimane vir diegene wat hieroor wou debatteer, gesê het om te “shut up”. Tweedens, die interne en eksterne politieke swakheid van die party.

Dié feit word bewys deur Maimane se eie posisie. Hy het in Februarie 2018 verklaar dat “ons ’n algehele verandering in bemagtigingsbeleide nodig het, om weg te beweeg van rasgebaseerde beleide wat geleentheid bied tot verryking van die elite, na beleide wat die stelsel van ontneming wat steeds  miljoene Suid-Afrikaners in armoede vasvang, fundamenteel afbreek”.

Hy kon nie sy party dra, sy eie argument wen of met enige oortuiging opstaan vir die beginsel wat hy gestel het nie. Dit is nie leierskap nie, dit is lafhartigheid.

Maimane se beleidsweersprekings is veelvoudig en uiteenlopend. Indien ’n leier ’n gebrek het aan intellektuele duidelikheid en morele gesag, is die onvermydelike gevolg interne verwarring en verdeling. Indien jy nie dié verwarring kan beheer nie, is die gevolg outoritarisme en die sensorskap van bespreking, nog ’n kwellende interne DA-tendens.

By wyse van toeligting:  Vierdens, volgens die openbare rekord lyk dit asof daar hoegenaamd geen debat oor bemagtiging binne die DA was nie, maar slegs ’n reeks besprekings oor of daar in die eerste plek ’n debat moes plaasvind. Daar was skynbaar geen beleidsalternatief vir bespreking voor die Federale Raad gelê nie. As ’n mens persverslae kan glo, het die party trouens ’n manifes daargestel nog voordat hy die beleide aanvaar of gelewer het wat kenmerkend so ’n dokument ondersteun.

In Augustus het die DA in die openbaar verklaar dat sy beleidseenheid “ ’n mandaat om aan alternatiewe modelle van bemagtiging te werk” ontvang het. Hy het oor sy benadering tot BGSEB in Augustus gesê:  “Ons sien daarna uit om ons hersiene beleidsplatform voor die 2019-verkiesing aan te kondig.”  Maar persverslae hierdie naweek oor die ontwikkelings in die Federale Raad meld niks van so ’n alternatief wat ter tafel gelê is nie, maar eerder dat enigiemand wat sodanige debat wou voer, aangesê is om “stil te bly”, en dat ’n manifes wat die ANC se model van BGSEB uitsonder, eerder aanvaar is.

Niemand sal aanvoer dat ’n debat oor ras, vir enige politieke party, ’n maklike debat is nie. En niemand kan vir die DA ’n beleid voorskryf nie; hy moet getrou wees aan sy eie aard of karakter. Die probleem is dus sy karakter, of die gebrek daaraan. Die feit is dat die DA homself nie eens sover kon kry om ’n beleid te ontwikkel of daaroor te debatteer wat hom van die ANC sou onderskei en sy eie leier  se openbare rigting sou verstewig nie. Wanneer ’n party nie eens oor ’n saak kan debatteer nie, is dit wanneer politieke dood intree. Dit begin intern, met die sluiting van debat, voordat dit ekstern versprei. Al wat uiteindelik oorbly is ’n leë, hol dop.

Amper erger, is dat die DA later aangevoer het dat enigiemand wat krities is teenoor ’n beleid van rasgebaseerde bemagtiging en regstelling, ’n rassis is. Maar dit geld dan vir die groot meerderheid van die DA se stembasis! Dit is pure rasse-nasionalistiese arrogansie om te dink dat jy jou eie ondersteuners so in die gesig kan vat.

Maar die DA glo vas dat hy hiermee sal wegkom omdat sy ondersteuners geen ander politieke heenkome het nie. Tensy die DA sy kwellende ideologiese rigting verander, sal dié kiesers wat ’n werklike alternatief tot die ANC se rasse-ideologie soek, gou genoeg gedwing word om elders te soek.

  • Dr. Frans Cronje is die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge. As jy saamstem met wat jy gelees het en saam druk op die DA wil plaas om rasgebaseerde beleid te laat vaar, versprei dan hierdie artikel so wyd as moontlik, sluit by ons aan, leef vry, en SMS jou naam na 32823 of besoek www.irr.org.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Lourens ·

DA gaan hom dood skrik in komende verkiessing. Baaaaaaaie mense is klaar met die rassistiese DA. Vf plus vir my van nou af.

Ondersteuner ·

Die VF+ staan die heeltyd op vir blankes – ek vind dit ook maar rassisties. Die mense wat vir hulle stem en wat altyd die stalletjies by kunstefeeste ens. van hulle beman maak my nogal skaam om Afrikaans te wees so ek nie so seker van hulle nie.

Dup ·

@Ondersteuner/Jerry

As jy skaam is om Afrikaans te wees moet jy maar eerder na News 24 kyk vir jou nuus.

JohanL ·

@Ondersteuner. Jy sal altyd mense kry wat ‘n groep skaam maak (in jou woorde). Dink jy nie vir een oomblik sekere mense wat ‘n onskuldige vrou skop voor Shell huis, maak ware ANC ondersteuners skaam nie. Die Zuma-kabaal het definitief stoere ANC persone soos Sisulu, Kathrada, ens skaam gemaak. Dit gaan maar gebeur.

Maar ek stem eerder vir ‘n party soos die VF+ wat opstaan op ‘n ordentlike wyse vir Afrikaanssprekendes (en minderheidsgroepe) se regte. Anders as die DA wat nie vir die Afrikaanssprekendes en nou skynbaar die blanke se regte opstaan nie. O en om op te staan vir blankes – as jy dit rassisties vind, hoekom berispe jy nie die ANC en EFF en BLF omdat hulle rassisties is nie? Veral die EFF en BLF wat openlik net vir swartmense baklei. Elke argument van jou kan mens omdraai.

Mooi naam – Ondersteuner ?? :)

Ondersteuner ·

Beste JohanL
Dis presies my punt! Ek het juis alles probeer omdraai sodat mense bietjie meer objektief begin dink. Probeer dinge van alle kante af sien. Geen politieke party staan my eintlik aan nie, maar ek sal tog stem omdat ek oortuig is dit is die regte ding om te doen. Om eerlik te wees, weet ek nog glad nie vir wie nie. Raak net moeg vir Afrikaners wat hulself heeltyd beter ag as ander en skynheilig is – het al te veel daarmee te doen gehad. MAAR dis nie almal nie en daarom wil ek nie veralgeneem nie. Ek lees wel ook News24 en selfs die Sowetan om sodoende objektief te bly. En my naam kom van ‘n ander artikel waar ek Cope ondersteun het.

Heinrich ·

@Ondersteuner, ek is onder die indruk dat jy geswig het voor die politieke korrektheid van die dag en jou vrydenke prysgegee het. Hier is ‘n party wat opstaan vir Afrikaanse belange, dan is hulle rassisties; en as daar ‘n party is wat opstaan vir swart belange is dit perfek né? Dan sal jy sê om ‘n Black Lawyers Forum te hê is perfek maar om ‘n White Lawyers Forum te hê is rassisties. Waarom is om iets vir onsself te wil hê so verkeerd?
En om dan die hele party se ondersteuners te beoordeel aan die drie of vier wat jy by die stalletjies van ‘n kunstefees gesien het sê ook baie.

chrisp ·

Indien die ANC hulle beleid gepatenteer het sou hullle deur hulle tantieme betalings vanaf die DA almal met gemak kon aftree.
‘n Saak van diefstal teen die DA is egter nog nie verlore nie………

Frik Lotz ·

Hier is nog n bewys dat daar geen verskil tussen ANC en DA is nie. As jy DA stem, kan jy netsowel vir ANC stem. Enigste logiese keuse om voor te stem is die VF Plus.

Dieter ·

Frik ja…..
As iemand ‘n vuurwapen teen my kop druk en sê “JY SAL STEM OF…..”, dan sal ek ook vir die VF+ stem.
Maar…..ek het so ‘n ruk gelede vir die VF+ via epos ‘n vraag gevra.
Geen antwoord gekry nie.
Ek het toe maar weer die vraag gevra.
Wag nog steeds vir ‘n antwoord.
So as hulle nie eens die ordentlikheid het (of oor die vermoë beskik) om my vraag te beantwoord nie, verdien hulle my stem?

Nie Dieter ·

Nie om die VF+ se stilte goed te praat nie, maar het jy dieselfde probeer doen aan ander partye, en met ander resultate? Ek sal verbaas wees.

Nietemin glo ek nie dat die haas van antwoorde ‘n goeie maatstaaf is vir die party of voor te stem nie.

MM ·

Alles wat genoem is oor die DA, is feite. Dit sal ewe vrot gaan as hulle die ANC moet vervang. Ongelukkig baie stemme verloor tydens die Zille en de Lille debakel. Ek stem ook nou vir die VVF+ sodat hulle ten minste meer setels kan kry om wanneer hul in koalisie moet gaan met die DA en ander partye soos Cope & ACDP ens, hul ten minste genoeg sê kan hê om vir die minderhede uit te kyk..

alida ·

Dit sal beter wees as al die klein partytjies bymekaar kom en besluit om saam te smelt. Dit is die enigste manier hoe ons die ANC kan klop. Nou stem elkeen vir party wat nie ‘n kans in 100 jaar het om die ANC te klop nie. Ai Ai.

Schalla ·

Ek het ook voorheen vir hierdie leuen (of wanopvatting) geval. Maar daar is altyd koalisies soos wat in party metros reeds die ANC van hul troon geskuif het. Probleem met een groter party is dat as jy die nommers soek wat jy nodig het dan moet jy te veel kompromieë aangaan om almal te probeer paai. Dit lei daartoe dat jy identiteit- en rigtingloos raak sonder sterk standpunte wat staan vir jou onmiddelike ondersteunersbasis. Kleiner partye sal nogsteeds hul ondersteunersbasis se hoofstandpunte stel en nastreef, maar kan op ander gebiede/kwessies met ander partye koalisies vorm of saam met ander partye stem of kompromie aangaan, maar voet by stuk hou wanneer dit by belangriker kwessies kom.

Hendrik ·

Alida daar is iets soos ‘n proposionele kiesstelsel. Dit is hoe die DA ook sy sitplekke in die parlement , provinsiaal en op plaaslike owerhede kry. Dieselfde geld vir enige ander party en ook klein party. Die bekommennis is kan jy die DA vertrou as hulle die navolgers is met jou stem….?

Wees realisties ·

Hoe meer setels die kleiner partye kry hoe minder kan die groter partye net doen wat hulle wil. Hoe meer teenkanting daar is hoe beter vir ons gewone Suid-Afrikaners. Niemand is perfek nie en niemand moet soek vir perfekte politikuste nie – dit bestaan nie. Stem vir iemand wat sal opstaan vir jou reg en punt in die parlement. Nie iemand wat net die gravy trein gaan laat voortstoom tot almal se ondergang nie.

JohanL ·

Presies “Wees realisties”.

Dit is hoekom elke stem tel gegewe die sisteem en die “status” van die land se politiek. ANC se landelike steun van die ongeletterdes (stem soos hoofman jou beveel anders verloor jy jou grond) is te groot, sodat enige party tans op sy eie die ANC kan klop (ongelukkig so). So daarom moet ons probeer om die trein van korrupsie (Bosasa, Evkom, ens) wat voortstoom, te stuit deur net die opposisie sterker te maak – al is dit dan nou klomp kleiner partye.

Pierre ·

Die politieke rol in SA het baie verander oor die afgelope 25 jaar. Met die eerste verkiesing het ons gevind dat dit uitsluitlik gegaan het om die sg Apartheid regime te ontsetel. Mandela en sy volgelinge het baie te se gehad en was dit gou duidelik dat ook dit net lee beloftes was. Alle pogings deur ‘n Mandela en Mbeki om SA se vooruitgang eerste te stel het ‘n knou gekry toe Zuma en sy volgelinge op slinkse wyse vir Mbeki onsetel het. In hierdie tyd het ons ook gesien hoe die DA homself begin vestig het. Baie het uit die ANC begin dros en so het COPE en ander partye opgepop. Die DA het egter totaal uit die bus geval en soos die skrywer tereg se is die DA maar net nog ‘n ANC. Hulle optrede in die binnekamers met gevegte en agteraf rugstekery het goeie mense in die party weggedryf, weereens vir eie gewin, dit het hulle seer gemaak en gee nou geleentheid vir Good om hulle steunbasis nog verder seer te maak met de Lille wat nie op haar mond geval is nie. Maar waarheen nou, in my eie denke het ons nou net 2 maar dalk 3 opsies, of jy stem VF+, of ACDP of COPE. Die vraag bly egter sal daar ‘n groot genoeg steun wees om in koalisie te gaan en ‘n verskil te maak in die verkiesing. Intussen is daar gerugte in omloop dat die verkiesing dalk nie gaan plaasvind nie…..?

Jerry ·

Die skrywer is 100% reg om te reken dat die DA n beter ANC sal wees. Suid Afrikaners, veral swart Suid Afrikaners is nou strategies in die DA se visier. As die DA met alliansie van ander partye dit kan regkry om die ANC te verswak, verswak dit die ANC se aanslag teen witmense. Dit is dan mos nou wenslik dat meer swartmense vir die DA begin stem en minder vir die ANC. Die DA kan heeltemal swart raak, solank hulle net nie sosialisties raak nie. Wat die VF aanbetref doen hulle meer as genoeg vir Afrikaanssprekendes en verdien hulle Afrikaanssprekendes se ondersteuning. Al wat die VF terughou is hulle onverskrokke en amper beledigende houding teenoor vriend en vyand, wit en swart wie dit durf waag om van hulle te verskil. Iets gaan gedoen moet word om die ou probleempie reg te stel en dan behoort alles sommer weer klopdisselboom te gaan om die Afrikaanssprekendes te verenig. Onthou dat die VF staan tot diens van die Afrikaanssprekendes en het die Afrikaanssprekendes nodig, nie andersom nie.

Nie Jerry ·

Korreksie: die skrywer reken nie dat “die DA ‘n beter ANC sal wees” nie, maar dat die DA self so reken.

Ja, dit sou wenslik wees vir meer swart mense om DA te stem, maar as hulle beleid al hoe meer in lyn met die ANC val, met wie gaan hulle aliansie maak? Nie met partye wat groter beleidsverskille het nie. Nee wat. Dan is dit beter om die “evil you know” te verkies.

Dit sou die heel beste wees as die DA swart stemme kon werf op grond van karakter en rasionele, vooruitstrewende denke, en nie deur die ANC te “uit-ANC” nie.

JohanL ·

Jerry, Ek is nou nie iemand wat 24/7 die media en politiek volg nie. So ek mag dit gemis het.

Is jy seker dit is die VF+ wat “amper beledigend” is in hul houding teenoor die wie dit durf waag om van hulle te verskil? Ek het Dr Pieter Groenewald nog meerendeels as respekvol teenoor andere ervaar. Miskien het ek iewers iets gemis?

Hoeveel ek self ookal vir Afriforum ondersteun, moet ek erken dat hulle wel soms onder die vel klim van sekere groepe :) :) Die waarheid maak tog seer. Dink jy dus nie dalk aan Afriforum nie? As ek verkeerd is, lig dalk net die insidente uit asb.

Kerneels ·

Mmusi Maimane is ‘n diktator. Hy wil he wat hy wil he. Dit is duidelik uit die mening stuk. En die res van die DA is te bang hulle verloor hulle werke om hom teen te gaan. Verder is hy ‘n prediker. Sy toesprake klink mooi maar eintlik se hy die veel nie. In die kerk dae was dit sonde is sleg hy het ‘n beter pad nou is dit ANC is sleg die DA is beter. Verder is hy ‘n popularis. Hy se wat hy dink sy gehoor wil hoor. Hy is ook baie jonk vir die werk wat aan hom toevertou is. Ek ys as ek dink dat so ‘n man wat kort kort kwaad is ons land moet regeer. Sit dit by die DA se vrees om as wit party gesien word en dit sal nag wees vir ons wat wel wit is.

Miggie ·

Ek sien die VF Plus as n party wat opstaan vir die Afrikaner maar ook vir gelyke regte, dus baklei hulle vir die afrikaner omdat hulle afrikaners is maar deur op te staan vir een beginsel geld dit vir almal, dus waar n afrikaanse universiteit daar gestel moet word so moet n zulu, ens universiteite en skole gestel word wat die stelling weerlê van vroër dat dit n rassistiese party is maar eerder n party met die beste strategie vir n toekoms vir die afrikaner. Wat met die DA gebeur word in die besigheidswêreld beskou as n “hostel takeover” waar die DA vol ANC word en dus maar net ANC beleid aanvaar.

marco polo ·

Uitstekende artikel, op die man af en sonder om doekies om te draai. Dankie Frans!

Johannes ·

Kan iemand ons laat weet, het die DA die onskuldige juffrou van Schweizer al om verskoning gevra?

James ·

Ek het nog nooit vir die konglomerasie van die ou Engelse partye, tans bekend as die DA, gestem nie.

En nou weet julle hoekom ek dit nie gedoen het nie……

James ·

Ek het nog nooit vir die konglomerasie van die ou Engelse partye, tans bekend as die DA, gestem nie.

Ek het nog nooit vertroue gehad in die “Old English Club” – met leiers soos Suzman en Zille nie.

Selfs Zille, die “Black Sash” jodin, wat terroriste in haar huis in Houghton weggesteek het – is deesdae ontnugterd met die vrugte van haar lewenslange arbeid……

En nou weet julle hoekom ek dit nooit gedoen het nie……

Hendrik ·

Onthou James dat die DA ver weg is van die DP. Die DP het ook die IRR gestig. Die liberale element in die DA is baie klein en dit is ook hoekom die DA beleide soos AA en BEE ondersteun en die ANC navolg. Musi kom van die ANC af.

Hendrik ·

Dankie Frans jy is ‘n liberalis van formaat (IRR). Wat jy verkondig dat dat daar geen ras byvoordeling moet plaasvind nie en jy het saam met TLU SA, Afriforum en Solidariteit hierdie boodskap van nie ras bevoordeling te bevorder.

Skrikwakker ·

Meeste DA ondersteuners sal vinnig van die wa spring , indien hulle presies weet vir wie en wat hulle ondersteun. Mense aanvaar nie die waarheid nie, die koffie is lankal koud en melk vrot.

Ernst Marais ·

“Maar die DA glo vas dat hy hiermee gaan wegkom omdat sy ondersteuners geen ander politieke heenkome het nie”

In die Oos-Kaapse kusdorp waar ek woon is ek deur ‘n Afrikaanse sakeman asook ‘n DA wykskandidaat aangesê om my kop te laat lees omdat ek nie vir die DA wou stem nie.

Albei is lede van AfriForum, die DA raadslid tot kort voor die verkiesing, die plaaslike voorsitter van die tak – deel van sy verkiesing bekendstelling.

Jerry ·

JohanL, jy het beslis iewers iets gemis. Mnr Pieter Groenewald se naam verskyn nie in my kommentaar nie!

ANA ·

Ag,tog…almal tjôr en njôr…voor die verkiesing…en koos sê vir jan sleg…
en jan vir koos…as sakkie nie sakke vol beloftes maak…en almal grom ñ party…

En dan kom die verkiesingsuitslae en 50’miljoen kiesers LOOP OOR DIE KLEIN PARTYE…siestog shame…?

Ennn…sooo stem ek noual die afgelope 20 jaar en NIKS…. ABSOLUUT NIKS…. HET SOVER AL VERANDER OF VERBETER NIE…?

benaYaHU ·

@ANA
Indien verkiesings WERKLIK enige impak of verandering tot gevolg sou he, SOU DIE KABAAL DIT NIE TOEGELAAT HET NIE!
Dit is slegs ‘n skyn om die goyim te laat dink hul “het ‘n stem” ..
Maar nou ja, moet tog net nie die waarheid aan die menigte voorhou .. makliker om ‘kop in die sand’ voort te stoom met vele geween & ‘n gekners van tande!
Shalom!

Afrikaner ·

Frans, ek hou van daardie beskrywende woord van nou, ‘denkernavolger’.

Stephan de S ·

Dankie…..n mens het hd tipe ontledende artikels nodig . Mens het altyd die verruiming van idees nodig. Deur die plasing van hd tipe artikels verrig MM n opvoedingswerk.
Moet sê die begrip “ras as volmag” kon gerus n bietjie eenvoudiger omskrywe word.

Gert ·

Hierdie laat my dink aan nuwe sosialiste wêreldwyd wat altyd beweer sosialisme sal suksesvol wees as dit net reg toegepas word, die probleem is net dat almal wat dit probeer het dit verkeerd gedoen het. So glo die DA dat die ANC se beleid kan werk as dit net reg toegepas word, die ANC doen dit net verkeerd.
Ek wens mense wil dit in hulle kop kry dat AA en BEE inherent onwerkbaar is en ALTYD sal lei tot ‘n massiewe katastrofe, om nie eens te praat van herverdeling van grond nie.

Ontnugter ·

Ek het verlede jaar op twee geleenthede n e-pos na die VF-Plus gestuur met n behoorlike gemotiveerde versoek.Hulle het op beide geleenthede hulself nie verwerdig om my te antwoord nie.Met die naderende verkiesing is hul oral te siene ,en reik tydig en ontydig verklarings uit.Ek laat my nie bluf nie.Kan dr.Groenewald of Mulder asb.kommentaar lewer op my bewerings, asook ander leser wat dieselfde ervaring as ek met die party gehad het. Moet my asb.nie nou vraag hoe hulle nou diens kan wees nie.

Helena ·

@ ontnugter – dis nie net die VF+ wat dit doen nie. Ek het by vele geleenthede ook vir die DA geskryf of daar teen hul jeuleier opgetree gaan word vir die uitlating wat hy teenoor die onderwyseres in Schweizer-Reneke gemaak het. Tot op hede is dit grafstil en ek vermoed dit sal so bly.

JohanL ·

@ Helena & Ontnugter. Ek dink alle politieke partye tree in daardie opsig dieselfde op. Nie een sal jou antwoord nie. Maar kom stemtyd, dan soek hulle jou stem. So die goeie nuus is, dat dit nie die VF+ noodwendig “sleg” maak nie – dit is nou maar (ongelukkig) die norm.

nulle ·

Die VF+ is die enigste party in SA wat glo dat dit nie nodig is om die ongeregtighede van Apartheid aan te spreek nie en dus is hulle gekant teen dinge soos regstellende aksie en SEB. Ek is in beginsel teen so ‘n party wat nie die foute van die verlede kan of wil erken nie, niks daaraan wil doen nie en maar aan te gaan soos onder Apartheid . Ek sal nooit vir Apartheidsimpatiseerders stem nie.

kallie ·

Ek het ‘n paar jaar terug Sheila Camerer (DA) se kantoor geskakel. Sy was nie daar nie maar sy het my dieselfde dag persoonlik teruggeskakel en my navraag beantwoord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.