Die fascisme van rassisme

noordwes-coligny-en-schweizer-reneke

Coligny en Schweizer-Reneke, albei plattelandse dorpe in Noordwes.

Deur Christo Pretorius

 Die afgelope weke het twee sake die aandag van joernaliste, politici en Jan Alleman geniet.

Die eerste was ’n heksekabaal oor die beweerde rassevoorval in Schweizer-Reneke, waar Elana Barkhuizen, ’n gr. R-onderwyseres, as sondebok gebrandmerk is en deur onverantwoordelike politici en joernaliste aan die skandpaal opgehys is.

Die tweede voorval is, volgens Rapport-onthullings deur Bonakele Pakisi, getuie in die Coligny-hofsaak, dat hy in die hof meineed gepleeg het deur Pieter Doorewaard en Phillip Schutte vals beskuldig het.

Dit is opvallend dat die eerste voorval bykans met histerie deur die ANC en -aanhangers aangevoor is en die tweede skaars die oë laat rek het.

Die eerste voorval was hoofnuus en in die SABC-program, The Full View, moes Corné Mulder van Solidariteit voortdurend daarop wys dat hier van ’n muggie ’n olifant gemaak word.

Temas wat in die onderhoud en beriggewing na vore gedruk is, was dat die Schweizer-Reneke- gebeure klinkklare bewys is dat wit mense/Afrikaners gemeenskappe brutaliseer en menseregte aantas deur rasseskeiding in skole te bevorder. Dit is ook die narratief in die Coligny-hofsaak.

Nugter en eerlike beredenering van die feite word gewoon gediskrediteer en die werklikheid word ontken, die waarheid word die nek omgedraai en minderhede word gemuilband.

Hierdie gedrag is tekenend van ’n populistiese samelewing waar diegene wat mag begeer en mag uitoefen, die bron van hul mag – die massa – opstook en laasgenoemde is nie ongeneë om hieraan te voldoen nie.

Onderhoude en debatte dien nie om die waarheid te soek en te vind, soos tydens The Full View geopper is nie, maar dien as platform om soldate te vorm, om by te dra tot die onderstroom van geregverdigde aksie en geweldige transformasie.

Die geweld wat by dié geleenthede ontketen is, word geriefshalwe geïgnoreer of, soos die Franse skrywer Louis-Ferdinand Celine (selin) dit stel: “’n Kollektiewe bewussyn word geskep wat nie geweld in die oë kyk nie, maar egoïsme en onderdrukking tot sentiment en passie verloflik”.

Die massas word gesus met valshede en gepaai met ideologieë – linkse en regse ideologieë – demokrasie en fascisme, geregtigheid en rassisme en iewers vervaag die lyne, en die drang na mag wis moraliteit uit.

Waar geregtigheid vervals word en waarheid afwesig is, soos in Schweizer-Reneke- en Coligny-saak, blyk dit dat die kreet van rassisme die masker van fascisme is.

Trouens, uit die reaksies van politici en die massas, blyk dit eerder dat Suid-Afrika en sy gemeenskappe nie die geleentheid gegun word om bo die slaghuis van die geskiedenis uit te styg nie.

Onverantwoordelike politici en hul meelopers, trek gemeenskappe telkens terug deur die werklikheid te verdraai, die waarheid te ontken en mag uit die massas te paai.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gert ·

As ek in my kommentaar enige van hierdie dinge noem, word my kommentaar verwyder. Hopelik mag ek darem se ek stem saam.

CW ·

Sowaar ok, jy is absoluut reg, lyk ons mag saamstem so ek stem ook saam

Manie ·

jy mag ook glad nie noem dat die volk na God moet terugkeer deur HOM in die grondwet te laat inskryf as enigste GOD nie

Rupert Ashford ·

Dan stem ek ook maar net saam. Gaan kans vat en byse dit is mooi in lyn met die globale liberalisme maar sal verbaas wees as my kommentaar nou oorleef…?

Jerry ·

Die slaghuis van die geskiedenis van Afrika is hier om te bly en om te straf en daarna te vernietig. Slegs geloof, hoop, liefde en gesonde verstand sal hierdie fenomeen deurstaan.

Lourens pieterse ·

Die oomblik sodra jy jou gemeemskap op so platform gaan probeer verdedig gee jy regmatigheid aan die populiste se agenda. Ek weet ons moet ons saak verdedig maar dit sal nie op so program werk waar jy opgestel word om verneder te word nie.

ThinusErasmus ·

Onverantwoordelike joernaliste en hul uitgewers, trek lesers telkens terug deur die waarheid te verdraai, die waarheid te ontken en mag uit die kommentators te delete.

tamboti ·

Ja die trant van die kommentare en die afwesigheid van baie ander, kan mens net wonder dat so ‘n akkurate artikel met ‘n skerp kant, wel geplaas word.
Die waarheid het maar ‘n manier om erens uit te peul.

Jurg ·

Gelukkig verlaat ek eersdaags hierdie land – op pad na Pole toe. Ek het nie meer lus vir hierdie klomp bollie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.