Die ondebatteerbare Verwoerd en ander taboes

kill-the-boer-james-kemp

James Kemp is die hoofredakteur van Pretoria FM se Klankkoerant. Foto: Reint Dykema/AfriForum.

AfriForum se dokumentêr oor eiendomsreg in Suid-Afrika, Disrupted Land, het vir ’n tamaai oproer gesorg. Ongelukkig handel die debat oor die twee minute waarin die Suid-Afrikaanse historikus Liza-Mari Oberholzer die voormalige eerste minister, dr. Hendrik Verwoerd, as ’n filosoof beskryf wat grense tussen die woongebiede van die land se verskillende bevolkingsgroepe wou skep soortgelyk aan wat in Europa gebeur. En nie oor die ander 75 minute waarin migrasiepatrone en ander argumente bespreek word nie.

Alhoewel dit jammer is dat die reaksie op die dokumentêr op Verwoerd fokus in plaas van die veel belangriker gronddebat, is daar tog ’n belangrike vraag: Waarom is Verwoerd, bykans 53 jaar ná sy dood, steeds ’n omstrede figuur oor wie geen debat gevoer mag word nie?

Een van die redes is omdat daar sedert 1994 nog geen vorm van robuuste debat plaasgevind het waar Suid-Afrikaners die handskoene kon afhaal en kaalvuis oor die verlede en verskillende bevolkingsgroepe se aandeel daarin kon praat nie. Elke keer was daar ’n verskoning oor waarom dit nie kon gebeur nie.

1994: Miljoene Suid-Afrikaners kry vir die eerste keer die geleentheid om aan die land se nasionale verkiesing deel te neem. Die groot bevryder, die ANC, verskyn vir die eerste keer op die stembrief en behaal ’n reuse-oorwinning. Nelson Mandela word die eerste president van die nuwe, demokratiese Suid-Afrika. Moet tog asseblief nie nou oor die verlede baklei nie.

1995: Suid-Afrika is die gasheerland vir die Wêreldbeker-rugby. In ’n naelbytstryd klop die Springbokke die Kiwi’s met drie punte. Oudpresident Nelson Mandela stap die veld op met ’n nr. 6-trui (dieselfde as dié van die Springbokkaptein, Francois Pienaar). Suid-Afrika juig. Die land is verenig. Moet tog asseblief nie nou oor die verlede baklei nie.

1996: Ná ’n lang onderhandelingsproses word die Suid-Afrikaanse Grondwet aanvaar. In die aanhef geniet die foute van die verlede erkenning. Maar daar is ook ruimte in die Grondwet om die foute reg te stel. Dit word deur buitelandse rolspelers as een van die wêreld se bestes geprys. Moet tog asseblief nie nou oor die verlede baklei nie.

So kan ons voortgaan…

Verwoerd is egter nie die enigste taboe nie. Dit is selfs meer onaanvaarbaar om vir ’n oomblik aan die Gandhi-agtigheid van oudpresident Nelson Mandela te twyfel. (Natuurlik kan Mahatma Gandhi self as ’n omstrede figuur beskryf word gegewe sy gereelde gebruik van die rassistiese k-woord.)

Jy mag byvoorbeeld nie die volgende oor Nelson Mandela vra nie:

  • Waarom was Nelson Mandela in die tronk?
  • Was dit omdat hy vreedsame protes teen die NP-regering gepleeg het of was hy by meer gewelddadige aanvalle betrokke?
  • Waarom het Mandela deurlopend (en tot sy dood) geweier om geweld af te sweer?

Deur debat te voer oor historiese figure, beteken nie dat jy vir ’n beter verlede baklei nie. Dit beteken dat jy vir die vryheid baklei om daardie figure te mag kritiseer of komplimenteer. Jy baklei vir die reg om daarop te mag wys dat hulle soms goeie goed gedoen het en dat hulle met tye gefouteer het. Jy eis die reg op – wat deur politieke korrektheid van ons ontneem is – om daarop te mag wys dat hulle komplekse figure met foute sowel as goeie eienskappe was.

Ons is onsself en ons nageslag daardie vryheid verskuldig.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

James Kemp

Meer oor die skrywer: James Kemp

James is die hoofredakteur van Klankkoerant, ʼn nuus en aktualiteitsprogram wat ook op Pretoria FM uitgesaai word.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Gert ·

Suid-Afrika laat my al meer dink aan die wêreld van die boek 1984, waar die “thought police” jou arresteer vir verkeerde gedagtes. Hier was nou al soveel gevalle van dit, byvoorbeeld Helen Zille se kommentaar dat kolonialisme nie NET sleg was nie, en baie mense se kommentaar dat apartheid nie NET sleg was nie. Telkens was die reaksie so histeries dat mens net sprakeloos staan, want beide stellings is so ooglopend waar.
Die probleem is dat immorele beleide soos AA, SBE, raskwotas vir universiteitstoelating, ens. almal gebaseer is op die mites van bv. apartheid as ‘n “misdaad teen die mensdom” as regverdiging vir hierdie beleide. Enige argument ten gunste van die alternatiewe siening val dus die regverdigbaarheid van hierdie beleide aan, en moet in die kiem gesmoor word.

Stephan de S ·

Noodsaaklike gesprek.Ons kan net ons leefwêreld verstaan as ons alle groepe se geskiedenis en aandeel sonder vrese en voorskrifte ontleed. Ons land sal in ontkenning leef solank as wat ons die waarheid aangaande sekere groepe onderdruk.

Jerry ·

Die spreekwoord lui, “moet nie ou koeie uit die sloot uitgrawe nie”!

JAN ·

Die alleegrootste taboo is Pik se broeders. Die manne wat die ABO grootste gewapende roof ooit gepleeg het. Volksmoord. Die engelse teen die hollandse bekeerde bokryers. Die vyande van Verwoerd wie openlik die blankes met burgeroorlog afgepers het.
Die kultus wat ons briljante studente met Oxford beurse gevange geneem het. (dieselfde ding in Australie met Aborigs se kinders) aller grusaamste geskiedenis is taboo.
Verwoerd se tyd was die meeste voorspoedig en vredevol ooit.
Dis hoekom dit so taboo is. Ontsaglike aanklag oordeel teen verskroeide aarde kultus.

Lynette ·

Maroela media …het nog nooit my kommentaar geplaas nie …ek teken dis heel waarskynlik te liberaal vir hulle …en soos n ware konserwatiewe …..doof hulle maar eerder die stem can dit wat hul nie wil hoor nie ….julle probleem is doodeenvoudig …julle wil net een kant se geskiedenis hoor …net een kant se ervaring daarvan hoor …julle wil NET hoor hoe goed apartheid was vir die land ….(ja net vir ONS )…..daar is apartheidsjare maar R4 per swart kind spandeer op hul onderrig terwyl n R100 per wit kind spandeer is …en so gaan die lys aan …ja ek wil nie n debat voer oor Dr Verwoerd nie …want ek is te bang ek sien weereens hoe my mede burgers iets wat duidelik verkeerd is …regpraat …en voor julle se ek haat my eie ras …nee ek haat niemand …ek staan vir regverdigheid ….die wortel van apartheid is vrees en selfsug …iets wat ek nie kan goedpraat nie …maar eerder voor skaam kry

willem Botha ·

En die diskriminerende wetgewing wat vandag in die “demokratiese sa” afgedwing word as jy deel vorm van die huidige benadeelde minderheid,hoe voel jy daaroor.

Betzie ·

Ja, Lynette , die positiewe is ook belangrik. In apartheidsjare het my pa my ma se Zestril medikasie self betaal en ons huishulp het haar Zestril gratis by die kliniek gekry. My man het opehart operasies in Pelonomi hospitaal gedoen waarvoor die pasiënte nie R 15 betaal het nie. Daar is nog baie voorbeelde. Blanke belastingbetalers moes vir hulle eie kinders se skoolopeiding sorg en ook vir duisende swart kinders se skoolstelsel sorg.

Piet Snot ·

Lynette, jou kommentaar is interessant. Ek sou voorstel dat jy meer krities kyk na die polities korrekte stories wat jy hoor. Lees wyer (baie wyer), ook dit wat nie in jou liberale wêreldbeskouing inpas nie.
Voer debat, maar moenie verstom wees as mense nie met jou saamstem nie. Wie weet, dalk het hulle hier en daar ‘n punt beet: kyk onbevooroordeeld, en jy mag dalk verras wees met die waarde van die breër sienings waarmee jy te doen kry.

Zombie ·

Baie, baie geluk dat jou kommentaar uiteindelik geplaas is, hoor. Jou stem word gehoor. Nou wat nou, Lynette?

Gert ·

Eintlik word Lynette se siening heeltyd gehoor, inteendeel word dit in ons almal se kele afgedruk, en die artikel gaan myns insiens juis daaroor dat die ander sy van die muntstuk nooit gesien MAG word nie, en doodgeswyg moet word, terwyl in ‘n ware vrye land (met vryheid van spraak), moet dit ook moontlik wees om die ander argument te noem sonder om verguis te word en gedreig te word met haatspraak-vervolging.

Annie Webb ·

Lynette, die swart mense het self nooit enige skoolstelsel gehad of daargestel nie. Die apartheidsregering het ‘n skoolstelsel vir swart SAners daargestel, grond en geboue en alles anders ingesluit, en alles met wit belastingbetalergeld betaal. Swart kinders kon nie sonder meer in die “wit” skoolstelsel geïnkorporeer word nie, omdat die beskawingspeil van die “Europeërs” en die swart mense enorm verskil het. Behalwe dié swart mense wat gelukkig genoeg was om die paar sendelingskole te kon bywoon, kon die meeste swart mense nie lees, skryf of tel nie. Wittes was reeds geleerd toe JvR hier aangekom het. Ná die apartheidsregering die swart onderwysstelsel daargestel het, met ‘n kurrikulum wat deur opvoedkundiges ontwikkel is, nie deur politici nie, het die regering steeds met wit belastingbetalergeld die totale stelsel onderhou. Omdat daar nog altyd baie meer swart as wit mense in SA was, was die totale bedrag wat aan swart onderwys bestee is, net soveel en meer as wat aan wit onderwys bestee is. As daar R4 uit wit belastingbetalers se sak aan elke swart kind bestee is, was dit steeds meer as wat swart mense self ooit aan hulle eie kinders se onderwys bestee het. Jy is volkome geregtig om so liberaal of links te wees soos jy wil, maar bepaal jou kritiek by dinge waarvan jy die volledige prentjie of ten minste volledige inligting het. Die linkse kritiek teen apartheid bestaan uit sulke “sound bites” soos jou R4 teenoor R100. Die meerderheidsregering wat ons nou het, het die land vernietig.

Piet Snot ·

Gert, jy sê dit mooi.
Lynette, ek vra mooi dat jy alle reaksie op jou kommentaar hierbo met ‘n oop gemoed lees.
Antwoord dan asb spesifiek die dinge wat gesê is (veral Gert, Annie en Betzie se reaksie).
Ons sien uit om jou stem te hoor.

Herman G ·

Ek is bly Maroela plaas jou kommentaar.
Annie Webb het ‘n baie goeie antwoord oor skole gegee, al wat ek kan toevoeg is:
1) Al die swart universiteite is deur die vorige regering ingestel and gebou
2) Hoeveel het SA per swart kind gespandeer teenoor enige Afrika land. Ek het nie die bedrae nie, maar ek is baie, baie seker dat dit heelwat meer is.

2 verdere statistieke – in 1988 het swart Suid-Afrikaners , as persentasie, meer voertuie as blankes in die Sowjet Unie besit. Tweedens, in 1988 was die gemiddelde inkomste per swart Suid Afrikaner was 10 keer meer as die gemiddelde inkomste in Tanzanie.

John ·

Om met alle mag te beheer… selfs met erge wapentuig, soos die voormalige hoof van Denel getuig, was die oogmerke van die ANC. Dit was ‘n terroristegroep wat die seènwense van die queen gedra het, wat self baie trots is op haar voorsaad queen Charlotte, wat uit Afrika stam en wie se foto’s op die web verskyn (ook die ware beeld wat glo op versoek verwesters is). Niks gebeur uit die bloute nie. Daar is altyd ‘n lang aanloop en ‘n string gene en kultuur by betrokke. Mandela was volgens CNN nie ‘n Christen nie en ‘n aanhanger van Ghandi se filosofiese denkwyse… maar hy het aan geweld bly klou. Wie was Mandela dan?
‘n Vredemaker of ‘n slinkse aggressor?

Cornelia ·

En so al kouende verskuif ons berge. As die “debat” tot niks lei nie buiten die REG om opinies te mag uitspreek en te kritiseer tot daar waar dit nie meer sinvol saakmaak nie, doen so voort. Ek vertrou dat dit iewers seker iets “regstel” of “beter stel.” Gister se “foute” vandag se “foute” more se “foute” almal se foute. Dalk kan elkeen baie beter doen. As debat nêrens heen lei nie behalwe om elke kritise gees tot op weldeurdagte evaluering van die onvolmaakte politiese praktisyns en sy name van faam en flaters te ontmasker nie, dan het dit irrasioneel geword. ‘n Uitputtende tameletjie. Konsentreer op vandag se behoefte raamwerk wat vir more seën kan inhou.

Herman G ·

Die probleem is dat vandag word teen sekere mense gediskrimineer en dit word geregverdeg deur “misdade van die verlede” reg te stel. Maar wat daarvan as daar nie misdade in die verlede was nie, of as die verlede baie, baie meer gekompliseerd is as wat uitgemaak is.
Dit is hoekom dit belangrik is om die debat te hou – behalwe as die regering begin om op die toekoms te konsentreer.

JAN ·

Verwoerd se veelvolkige christelike demokrasie was uiters suksesvol.
Dis met sy moord [ staatskaping ] vervang met ‘n minderheids diktatuur deur Nazi Vorster wie aanspreeklik was vir Tsafendas se aanstelling in die parlement.
Die apartheid van Verwoerd het vir minderhede se selfbeskikking gesorg wen – wen situasie.
Maar die apartheid van Vorster et al was baseer op wit dominansie – het die Afrikaner volk alles verloor en die Swartes alles gewen.
hmm ?

J van Rensburg ·

Jan,
Jy slaan die spyker op die kop met jou kommentaar oor Voster. Een moord koop een premierskap, en Voster het daai prys met ń glimlag betaal

Nel ·

Ons kan onsself gerus afvra of die hoogste vlak van absurditeit nie al verbygesteek is deur sommige groepe verantwoordelik te hou vir dinge wat lank voor hulle geboorte gebeur het nie terwyl die oorgrote meerderheid landsgenote nie verantwoordelikheid hoef te aanvaar vir wat hulself vandag aanvang nie??

Andreas ·

Voor 1994 al het die ANC baie bloed aan sy hande gehad, nie net baie nie, sommer dik ook en dit van sy eie mense. Jip, die ANC moes in daardie jare voor die verkiesing hulle op die swart mense afdwing anders sou hulle nooit aan die bewind gekom het nie. Die ding het so in twee fases gebeur, die geveg teen die NP regering oor apartheid en die geveg om die swart mense aan die ANC te onderwerp.

Andreas ·

James, daardie vrae wat jy oor Mandela aan die einde van jou skrywe vra, asook jou kommentaar daarop en wat mens nie mag fluister nie, raak dan dalk ‘n klip in die skoen van Mandela se lewensgrootte standbeeld, baie groter as die olifant in die kamer.

Hendrik ·

Die meerderheid Suid-Afrikaners verstaan nie van debatvoering nie. As jy ‘n punt maak, word jy uitgekyt as ‘n rassis. Hulle verstaan van “die sterktste een regeer” -iets wat sterk neerslag vind in hulle tradisionele leierskap. Vir Afrikaners om suksesvol voort te bestaan, sal ons êrens ‘n meerderheid in ‘n geografie moet wees en onsself regeer.

DC ·

Dis tyd dat daar perspektief gegee word op Dr Verwoerd en en sy bydrae om die land op n wen pad te plaas. Die huidige demokratiese bestel misluk op talle terrein en faal Afrikaners asook ander landgenote. Daar is n geleentheid vir idees wat werk. Benut dit.

Theoman ·

Dit skok my met absoluute afgryse om te lees wat ene “Jan” en sy handlanger “J van Rensburg” se met verwysing na wyle oud Premier John Vorster, om hom te beskuldig vir die wreede moord op Dr Verwoerd is absoluut absurd en skandaalig. Ek het Mr Vorster persoonlik goed geken en hy was n man van integriteit wat n reguit pad geloop het. Kry julle feite reg voordat julle sulke dom onnosel stellings maak.

ChrisE ·

My persoonlike mening is dat daar nie gou ‘n “oplossing” in die land gaan kom nie. Nie vreedsaam nie altans. Die vorige bestel het al die sisteme en vermoë oor beskik om die land se situasie baie vinnig te beredder. Ek het in 1996 met ‘n Angolese burger (senior staatsamptenaar) ‘n gesprek gevoer. Hy was ‘n MPLA lid. Die persoon het my direk gevra wat de hel het julle blanke regering gedoen om die land weg te gee. Julle was in die posisie van mag. Julle het die sterkste weermag in Afrika gehad. Jul ekonomie is die grootste . Jul tegniese vermoë is van hoogste gahalte. Die Angolse “probleme” het omtrent 20 jaar geduur voordat dit “opgelos” is. Wat het Angola se probleme opgelos. Die ontdekking van olie aan die kus. Aan wie behoort die olie bronne vandag.? Ek het al in Afrika gereis. In elke Afrika land waar ek al was is ek (witte) met ope arms ontvang en met respek behandel. Ek is nie as kolonialis, onderdrukker gronddief of apartheidsmoordenaar uitgeskel nie. Die harde werklikheid is, die “oordrag/weggee” van mag was te lekker/maklik en vinnig. Die land het nie gebloei nie. Ons het oorlog in ander lande teen ‘n onbekende vyand gaan maak, terwyl ons vyand aan ons boesem was. Ek is bevrees tensy dit nie gaan gebeur nie, gaan hier nie vrede kom nie.

waarheid ·

Arme Lynette het nog nie haar lessie oor S A geleer nie.
Miskien sal haar oe oopgaan – hoop nie dat dit dan te laat sal wees nie.
Andersinds gaan sy by die smeltkroes uitval. Maar uitval gaan sy uitval.
Ons het nie bagasie nodig nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.