Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag op ʼn Menseregtedagbyeenkoms in Sharpeville in die Vaaldriehoek gesê die land sal die energiekrisis oorkom.
Lees meerAlles vir Donderdag 21 Maart 2019
ToekomsVenster: Die uitdaging van geestelike blindheid
God wil ons oë open sodat ons weer kan sien.
Foto’s: Grondsoekers sak op Kaapse gholfbaan toe
Die klub huur die grond glo vir R1 000 per jaar by die Kaapstadse metroraad terwyl lidmaatskap by die klub sowat R15 000 per jaar beloop, aldus die organisasie.
Drama toe oorlede tiener se familie huis kry
Die oorhandiging van ʼn nuwe huis aan die familie van die oorlede tiener van Coligny, Matlhomola Mosweu, is deur drama voorafgegaan.
Nieu-Seeland verbied dié wapens na aanvalle
Eerste minister Jacinda Ardern het aangekondig dat daar met onmiddellike inwerkingtreding ʼn verbod op die koop van dié wapens is.
Jong man sterf ná R21-skietery
ʼn Kranslegging is Donderdag gehou vir die jong veiligheidswag wat dood is nadat ʼn groep rowers Dinsdag op die motor waarin hy en ʼn kollega gery het op die R21-snelweg losgebrand het.
Gebiede steeds sonder krag na substasie brand
Die Allandale-substasie in Midrand is steeds afgeskakel nadat dit Woensdag in ʼn brand beskadig is.
DA beplan betoging oor beurtkrag
Mmusi Maimane, leier van die DA, het Woensdag buite Eskom se Megawattpark in Sandton gesê hy sluit aan by Suid-Afrikaners se woede oor die regering se versuim om ʼn basiese diens aan die land te lewer.
Boeing ontwikkel nuwe sagteware vir 737 Max-vliegtuig
Boeing het nuwe vlugbeheersagteware ontwikkel vir sy vloot 737 Max-vliegtuie ná onlangse vliegtuigongelukke in Ethiopië en Indonesië, het die Federale Lugvaartadministrasie (FAA) Woensdag gesê.
Alle Christchurch-slagoffers uitgeken
Al 50 slagoffers wat dood is in ʼn terreuraanval op twee moskees in Christchurch, Nieu-Seeland, is formeel uitgeken.
Beurtkrag lei tot wateronderbrekings in Nelson Mandelabaai
Die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit het inwoners Woensdag gemaan om water spaarsamig te verbruik, omdat beurtkrag probleme met waterpompe veroorsaak.
Vermoorde tiener se familie ontvang ʼn huis
Job Mokgoro, premier van Noordwes, sal Donderdag as deel van Menseregtedag ʼn nuwe huis aan die vermoorde tiener van Coligny, Matlhomola Mosweu, se familie oorhandig
Ramaphosa eis dringende optrede by Prasa
Pres. Cyril Ramaphosa het die minister van vervoer, Blade Nzimande, opdrag gegee om dringend die probleme by Suid-Afrika se spoorwegstelsel op te los.
Wetstoepassers keur wysiging goed aan Minimumloonwet
Die Suid-Afrikaanse Parlement het ʼn wysiging aan die Wet op Minimum Lone goedgekeur vir gewone werkers om minstens R20 per uur betaal te word ná ʼn tegniese fout in die oorspronklike wetgewing opgespoor is.
Onverwerkte heroïen in Kaapstad gevind
Kaapstad se metropolisiebeamptes het beslag gelê op onverwerkte heroïen met ʼn straatwaarde van ongeveer R700 000.
Vandag se sportnuus
Sportliefhebbers kan hul tande slyp vir ‘n naweek vol aksie.
Nuuskommentaar: Werp lig op die Eskom-sage
Dat ’n vis van sy kop af vrot word, word nou deeglik by die Zondo-kommissie gedemonstreer. Suid-Afrika se staatsbeheerde korporasies, en veral Eskom, demonstreer nou oortuigend wat gebeur as die vis begin “af gaan”. Dit kan die hele land oor die afgrond “laat afgaan”.
OB lê strafregtelike klag teen minister
Die Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane het Woensdag gesê sy het strafregtelike klagtes aanhangig gemaak teen Dipuo Letsatsi-Duba, minister van staatsekuriteit.
Eskom sê oor vals nuus; fase 4-beurtkrag duur voort
Eskom het gesê hy neem kennis van boodskappe wat op sosiale media die ronde doen dat daar Donderdag geen elektrisiteit landswyd sal wees nie.
Menseregtedag – ’n tyd vir ernstige nadenke
Die vraag is: Hoe vaar die staat in sy grondwetlike mandaat om menseregte te beskerm, te bevorder en te verwesenlik?